Tuisblad
Welkom by ons Tuisblad
- Kokende Ice Block-aksie PDF Print E-mail
Thursday, 29 July 2010 20:55
Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK .- Die Garmin Celebrity Challenge 2010 wat Saterdag op die Vaalrivier by die Emerald Safari Resort and Casino plaasgevind het, het wat bywoningsyfers betref, die grootste aftrek tot nog toe gekry.
Sowat 80 bote het aan vanjaar se Ice Block en Celebrity Challenge deelgeneem en honderde toeskouers het langs die oewer op hulle gemakstoele stelling ingeneem om die spektakel dop te hou.
Wouter van de Venter, liedjieskrywer en kunstenaar, en sy wederhelf Anita, het daarin geslaag om verlede jaar se kampioen Nadia Valvekens, beter bekend as Pippa in die bekende Afrikaanse-sepie Binnelanders, te onttroon.
Hoewel die van de Venter-egpaar ’n waterwolk in hulle mede-celebs se gesigte agtergelaat het, het die Opera-sanger Kevin Leo en sy nuutste sangfonds, Charlize van der Berg, se sensation-boot ’n paar vals note gegee, voordat hulle wedren na skaars drie minute op die water tot ’n einde gekom het. 
Na afloop van die pret op die rivier het die glanspaartjies en sangers die Twin Boats and Trailers – Annani Trauma Sentrum se fondsinsamelings-dinee bygewoon. Sowat R90 000 is vir die sentrum ingesamel.
Verskeie bekende kunstenaars soos Kevin Leo, Pieter Smith, Wynand en Cheree Strydom het die gaste met hulle sangtalente bederf, maar dit was die onbekende nagtegaal van Pretoria, Charlize van der Berg, wat die kollig gesteel het.
Wat die ligte vermaak betref, het Leo en Dawie Roodt, aanbieder van Ontbytsake, se grapperige duet die gaste lekker laat lag. Hannes Brummer, komediant en akteur in gewilde reekse soos Amalia en Villa Rosa, het daarna die gaste laat rondrol met sy puik komedie-insetsel van vyftien minute.          
Die volledige uitslae van die Celebrity Challenge is: Wouter & Anita van de Venter, Natasha Jacobs & Jaco Miller, Karl Thaning & Nadia Valvekens, Bok van Blerk & Hanna Grobler, Hennie Jacobs & Henré Pretorius, Hykie Berg & Vilje Maritz, Hannes Muller & Hannes Brummer, Wynand Strydom & Loui Fish, Pieter Smith & Yolandi Stofberg, Riaan & Margot Venter, Willie Swart & Christel van den Bergh, Dawie Roodt & Carla van Niekerk en Kevin Leo & Charlize van der Berg.
 

Wie's aanlyn?

We have 8 guests online
Banner
Banner
Ads by Mooivaal Media!

Wat dink jy?

Doen die munisipaliteite hulle werk?