Wednesday 23 April 2014
Home / Sport / 10 rekords spat by Interlaer

VEREENIGING. - Uitstekende atletiek is Saterdag by die Milton Primary School tydens die jaarlikse Vereeniging Interlaer atletiek-byeenkoms opgelwer.

Die laerskole wat sake uitgespook het, was: Milton, Risiville, Sonlandpark, Suikerbos en Drie Riviere.Sommer vroegdag is die hoogspring rekord vir d.o/11 deur Danika Perelaer van Risiville met ’n hoogte van 1.30 m verbeter.

Daarna is die gewigstootrekord vir s.o/13 deur Ulrich Roelofse van Suikerbos met ‘n stoot van 10.97 m verbeter. Esteen Mcintyre van Suikerbos het die gewigstootrekord vir d.o/13 jaar met ‘n afstand van 10.90 m geëwenaar.

Vier atlete het puik presteer toe hulle in al drie hulle toegelate items eerste plekke behaal het. Die atlete is:

Danike Perelaer (Risiville: d.o/11, 1200 m, hoogspring (rekord verbeter) en 100 m), Anke Rothmann (Risiville: d.o/13 200 m, 75 m-hekkies en 200 m-hekkies’n), Eric Pieterse (Risiville: s.o/11: 80 m, 100 m en verspring) en Thabang Mahlatsi (Milton s.o/13: hoogspring, 80 m-hekkies en 100 m).

Woensdag vind die Prestige Interlaer by die Laerskool Risiville in Vereeniging plaas.

Die atlete wat presteer, dring deur tot die D7-kampioenskap wat op 23 Februarie in Heidelberg plaasvind.

By dié byeenkoms word ‘n span gekies om aan die Gauteng-kampioenskap op 1 en 2 Maart deel te neem.

Die Gauteng-span wat daarna saamgestel word, sal op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg aan die Suid-Afrikaanse Laerskole Kampioenskap deelneem.

Ander rekords wat verbeter is:

Maritske Rautenbach (Risiville: 1200 m d.o/10 jaar, 4:20:40) Damian Oosthuizen (Ri-siville, gewigstoot s.o/10, 10.14 m), Sibongile Monesoia (Drie Riviere: 60 m d.o/6, 11.10 sekondes), Siyabulela Buti (Drie Riviere: 60 m s.o/8, 9.20s).

Echardt van Zyl (Risiville, 60 m s.o/9, 9.10s), Sphiwe Sibanyoni (Suikerbos, 80 m s.o/6, 14.10s), Heindrich Cloete (Suikerbos, 80 m s.o/8 jaar, 12.20 s).

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom