Saturday 28 February 2015
Home / Sport / Atletiek uit die boonste rakke

VEREENIGING. - Op die baan is daar verlede week by die Laerskool Risiville baie goeie tye tydens die Vereeniging Prestige Interlaerskole-atletiekbyeenkoms opgestel.

Die volledige uitslae van die velditems was teen druktyd nie beskikbaar nie. C. Sevenster het in die hoogspring vir s.o/10 die hoogspringrekord geëwenaar. N. Wiese het die gewigstootrekord vir d.o/10 verbeter.

Sewe baanrekords het in die slag gebly en een rekord is geëwenaar. Maritske Rautenbach van die Laerskool Risiville het in ’n tyd van 4:19:63 die 1200 m-rekord (4:32:71) vir d.o/10 met meer as 12 sekondes verbeter.

Ander baanrekords wat verbeter is: J. Fouché (Risiville: 1200 m d.o/11), K. Smit (Risiville: 1500 m d.o/13), S. Sibanyani (Suikerbos: 80m s.o/6), H. Cloete (Suikerbos (80 m s.o/8), S. Steyn (Suikerbos (60 m d.o/6), A. Rotman (Risiville: 75 m-hekkies d.o/13), L. Ramathe (Arconpark Primary: ewenaar die 100m-rekord vir s.o/13 wat in 2006 deur Wally Ungerer opgestel is) en T. Taylor (Handhawer: 60 m).

* Eerskomende Saterdag vind die D7-Atletiek kampioenskap plaas en die atlete wat dopgehou kan word is: N. Wiese (Vryheidsmonument: gewigstoot d.o/12), L. van der Vegt (Vryheidsmonument:verspring d.o/13, 100 m en 200 m), Uli Wiese (Vryheidsmonument: gewigstoot s.o/12, 100 m en 150 m), C. Sevenster (Vryheidsmonument: hoogspring s.o/10 en gewigstoot), C. Gelderblom (Vryheidsmonument: s.o/13 200 m), Maritske Rautenbach (Risiville: d.o/10 1200 m), J. Fouché (Risiville d.o/11 1200 m), K. Smit (Risiville: d.o/13 1500m), S. Sibanyani (Suikerbos: 80 m s.o/6), H. Cloete (Suikerbos: s.o/8 80 m), S. Steyn (Suikerbos: 60 m), A. Rotman (Risiville: d.o/13 75 m- en 200 m-hekkies), L. Ramathe (Arconpark Primary: s.o/13 100m), Tanica Powell (Suikerbos; d.o/12 150 m), E. Pieterse (Risiville: s.o/11 100 m en verspring), D. Perelaer (Risiville; s.o/11 1200 m), D. Perelaer (Risiville: d.o/11 hoogspring), Esteen McIntyre (Suikerbos: d.o/13 gewigstoot), U. Roelofse (Suikerbos: s.o/13 gewigstoot) en N. Tsabalala ( Arconpark Primary: d.o/12 100 m).

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Eskom
Should Eskom focus on advancing renewable energy?
We must accept Eskom's load shedding
Nuclear energy is the future
Renewable energy is the best long-term solution
Just go buy a generator
top
bottom