Thursday 24 April 2014
Home / Só SMS ons lesers

* Ek het vandag op die internet op ‘n site afgekom genaamd censorbugbear, wow, my hart het amper gaan staan! Ek het besef ons sal hard tot die Heer moet begin bid! Goed soos: “we will kill every white cockroach that breathe SA’s air.” Hoekom hoor ons dit nie oor die nuus nie? As dit andersom was, sou ons....

* My motor is onlangs sleg beskadig deur ‘n slaggat en die skade beloop R22 000. Wie kan ek verantwoordelikheid laat aanvaar en my geld terugkry? Dit is en bly ‘n skande. Ons paaie is landmyne. Almal aanvaar maar net. Iets moet nou gedoen word.

* Ek wil graag weet of dit ‘n geldmaak-storie is om ‘n rybewys te kry? My kind gaan nou al vir die derde keer terug na die lisensiekantore in Drie Riviere om sy lisensie te probeer kry.

* Skoonma’s/skoondogters, het julle geweet, wat jy van ander sê, sê meer van jouself as van die ander. Groete, Mathilda.

* Vorige sms verwys: Ek stem saam met Hernatjie, die duiwel trek maar swaar, want almal gaan Hemel toe. Mensig, wag asb. tot met die wederkoms. Die sms-blad sorg vir almal se smaak, lag, trane, slegsê, bedel, kommentaar, ag noem op, jy sal alles onder die son daar kry, Louis Claes ook. Geniet dit. Hans VP.

* Martiens van Nortdene. Lyk my jy’s blond, of het uit jou kot geval en sleg seergekry. Mandela en De Klerk sal beslis nie ENIGE ooreenkomste verder kan beklink nie. Luister jy nie NUUS nie of is jy ‘n GROT-BEWONER?

* Reaksievoertuie: veral ‘n werknemer van ‘n sekere reaksiegroep, jou mond is te groot, as jy en jou maatjies minder sit en koffie drink en rondflirt, sal dit beter gaan met die “beroof” waarvan jy praat.

* Hi, wil net weet, is daar nie dokters wat hierdie tube kan afsny wat vroue het, maar nie gedek word deur mediese fondse nie? Asb. help.

* Aardklop kan in hul m@#r vlieg, R90 tot R120 om ‘n vlooimark deur te loop en dan nog te betaal vir opvoerings! Wat ‘n geldgierige spul.

* Kan iemand help? My man, Angelo Bianco, is doodgery terwyl hy sy oggendstappie gevat het in Faraday-blvd by afdraai van Fordstraat op 23 Mei 2013. Ek verstaan ‘n dame het alles gesien en al die inligting gevat. Groot asb., as jy of iemand wat meer weet dalk hier lees, kontak my by 072 3730 169 of (016) 933 8860. Polisie kan my geen inligting gee nie.

* Ek wil net almal in die Vaaldriehoek waarsku teen ‘n man en sy vrou wat in Risiville woon, ‘n wit ou Uno ry wat elektriese hekke, Dstv-installasies en elektriese werk doen. Hy vra ‘n deposito en die werk word nooit gedoen nie. Jou deposito word ook nie terugbetaal nie - indien enige iemand ‘n adres kan voorsien sodat ek ‘n saak van diefstal kan aanmeld by die polisie sal dit baie waardeer word. SMS asb. 083 6839 421.

* Kan iemand asb. die tandarts in Vanderbilpark se no. gee wat tande vir so iets soos R2 000 doen. Die no. was so 6 weke terug in die sms-kolom.

* Drie hoera’s vir die sms oor ‘n sekere Spar, die een SPEEDCOP het gereken my inkopiesak (selfgemaak) is te groot. Wil jy nou meer!

* Oom Kalimarie, jy moet op jou knieë gaan en die Here dank jy het nie nodig om in swart sakke te krap nie. Koos.

* Is daar nie iemand in Vaalpark wat my dogter asb. met wiskunde kan help nie, sy is in die hoërskool? Sal daarvoor betaal, sal dit baie waardeer asb. Kontak my 073 3502 761.

* Baie, baie geluk met pa se verjaardag. Mag daar nog baie jare vir pa wees, dankie vir ‘n wonderlike pa al die jare, lekker verjaar pa, ek’s baie lief vir pa, mooi daggie. Pa se seuns, pa weet wie. mwah mwah.

* Aandag: Mnr. T, voor jy jou mond uitspoel oor leerlinge se vuil skoene moet jy dalk verder dink as wat jou neus lank is asb! Sommige kinders stap skool toe en dis boonop winter, dus is die gras dood en die stof volop! Terloops, my kind se skoene word elke dag gepolitoer!

* Ek is op soek na die ou se nommer wat gesms het dat hy Volkswagen Beetles regmaak en verkoop of koop. Kan hy my asseblief bel by 074 917 1656?

* Kan iemand my help? Soek iemand om my seun te help sy lisensie koop.

* Aan skinnerbekkie, ek sny ook by ‘n dameshaarsalon, ek is ‘n man ja, my f*&. By jou huis beskinder jy almal, nou skinder jy by die koerant. Ek gesels lekker saam o.k? Frik E.

* Kan mense asb. help? Benodig vroue en kinderklere. Vrouensklere ‘n 38 tot 40, 36 tot 38, 32 tot 34 en kinderklere vir ‘n 5-jarige seun en vir ‘n 13-jarige seun, hy is nie baie lank nie. En as iemand asb kan help met ‘n ou hangkas of klerekas, ons bly in Vereeniging, het nie vervoer om te haal as iemand kan help nie. Bel Caroline by 071 7907 440. God sal jul seën.

* Nee die Skim het nie nodig om oor die muur te loer nie, ek kyk sommer deur die venster. Jy is net so afgesaag soos Louis Claes, tatta pêl, die Skim.

* Hernatjie, ek wil myself nou nie heilig hou nie, ek sou ok nie met geliefdes in die hel wou praat nie want dan sou die Kruis geen betekenis hê nie. So bid vir die wat oortree. God sal nie moeg raak vir ons gebede nie. Groete, Anneke.

* U wat so behep is met my boek en rykdom, lees die boek dan sms jy my. Boek is nie geskryf om ou mense in ouetehuise te sit nie, hoekom doen jy dit nie? ‘n Ma kan 12 kinders grootmaak, 1 kind kan nie na ‘n ouer kyk nie. My boek se geld gaan vir mense wat nie kos het nie, wat ek wel doen. Wat weet jy van my doen en late? Ek verkondig dit nie op strate nie, my ouers is deur ons kinders opgepas en ja ek is skatryk in die Hemelse Vader. Ek sorg nie vir rokers en suipers nie. As jy by my bly dan kan jy ‘n eier lê en swart mense is ook op my lys. Hou tog op met galbraak, jy is ‘n lafaard. Plaas jou nommer. Afguns is lelik. Loelie.

* Goeie dag, ek wil hoor of iemand nie vir my asb. 2 wit fantails het nie. Sarel. 076 848 5617.

* Ons wil asseblief vir al ons vriende vra om hierdie boodskap aan te stuur vir almal wat jul weet dit sal doen sodat ons kan sien hoe ons Koning hierdie land omdraai. Daar is gesê as Christene werklik die volle omvang van die krag wat beskikbaar was deur gebed kon besef, ons sprakeloos sou staan.

* Het ‘n trailer wat ek wil bietjie langer maak, sal betaal as dit nie te duur is nie. Ek wil dit gebruik vir ekstra inkomste. (016) 455 5474 dankie.

* Pragtige opreggeteelde boerboel-teef, wit met swart masker-gesig. Soek reun van dieselfde kleur om haar te dek. Skakel 076 067 2881. Meyerton-area.

* Previous SMS refers: Mlaba, seems to us he is one of few who also hates corruption! I work for municipality and you must hear my stories. One manager comes to work drunk everyday but we must accept this. Even drinks on the job. Louis Clause always goes on about people, you seem to be like Kallie Knoetze, grootbek, take on true corruption or are you to banggat?

* Dis reg Fienie IK, elke aap op sy krans, ‘n IK maak jou nie ‘n genie nie maar eerder ‘n saamslenter. Frik E.

* RP, Sasolburg se burgermeester IS daar, kyk net hy drink da op :-D.

* Goeiedag. Kan iemand my asb. help met enige ou afvalmateriale, linte, garing, patrone vir dogters klere ouderdom 12-14 jr, wat hul nie meer soek nie of net in hul pad lê? Ek wil graag vir my dogters klere maak. Dit sal opreg waardeer word. Babie 076 1367 971. Baie dankie.

* Veels geluk met jou verjaardag my man, mag jy nog baie jare gespaar word vir ons. Ons is lief vir jou my man, geseënde dag vir jou, liefling, lekker verjaar die 24e Julie.

* Vorige sms verwys: Ja redakteur, dit is hulle wat besighede se naam in die koerant wil gat maak, op jul rug ry en nie sy naam wil plaas nie. Kom al jul Jannie jammergatte, gaan staan jou man, jou vakuumkop. Frik E.

* Hi ek wil net vir die een wat hulle mond vol het oor Spar, en ek neem aan dis Meyerton Spar, sê ek dink jy is laf. Die security doen net hul werk. En hulle is baie hulpvaardig. Volgende is seker die werkers daar. Meyerton Spar julle is tops. Almal van julle. En nou wil ek sommer sê dankie vir julle goeie diens.

(Nee, dit was nie Meyerton Spar nie maar ons is seker hulle sal die kompliment waardeer. Red.)

* Loelie, van al jou vriende en vriendinne, baie geluk met jou boek. Dis uitstekend. Dankie vir alles wat jy al gedoen het. bly so nederig, vol liefde en onbaatsugtig. Die wat so sarkasties is, hang soos gedroogde gifappels aan ’n doringboom vol dorings. geniet jou Godgegewe talent en bid vir die wat so jaloers is.

* Die blond by wie ons gewerk het, ek wil net dit vir jou sê, jy is pragtig en baie oulik. Ek hoop jou man waardeer en pas jou op anders..... ‘n bewonderaar.

* Ek is op soek na ‘n sleepstang (towbar) vir ‘n 1997 Opel Corsa sedan. Indien u kan help, skakel my asb by 071 9116 122. Baie dankie.

* Middag medelesers, ek soek hulp. Kan iemand my sê waar ek kan hulp kry om ‘n ou dame in ‘n tehuis met mediese sorg te sit, ek kan nie die addisionele bedrag bybetaal nie.

* Ek het by ‘n welbekende plek gaan pizza koop. So rukkie gewag. En toe gekry. Boks oopgemaak voor ek huis toe is. Dit lyk goed op die oog af. Warm. Glo ‘n Something Meaty. Ja, kyk ek was nou nie heeltemal tevrede nie. Daar’s te veel ham. Die ander goed moet jy soek. Maalvleis lyk soos kerriesaagsels. Nie sappig genoeg nie. Redelik droog. Ek gee jou ‘n 5 uit 10 vir jou pizza. Dis ook die laaste keer wat ek julle besoek.. O, ja, ek het R122 vir die 30 cm een betaal. Goodbye.

* Saamrygeleentheid gebied. Van Sasolburg na Vereeniging; Maan tot Vry; 07:30 tot 16:30. 083 377 6655.

* Wat is nou eintlik die Big Deal? Jy soek ‘n ou movie by die musiek of DVD-winkel. Word daar vir jou vertel dat dit onttrek is, of word nie meer gemaak nie. Reg, so, jy gaan dit dalk kry of download op die internet. En koste betaal daarvoor. Oe, dan sê die mense vir jou ja jy het dit gesteel op ‘n site. So what, is dit my skuld dat die winkels dit nie meer verkoop nie?? Is dit my skuld dat dit nie meer vervaardig word nie?? Blameer die DVD- en musiekmaatskappye daarvoor. Groete.

* Absa Vdb, bring vir Diane James terug kassiere toe. Daai vrou het hard gewerk. Kobus.

* Mense kry vir julle die boek Die laaste uur en die Merk van die Dier deur Bennie Kleynhans. Ons word gebreinspoel deur die bankkaarte en ook die ID-kaarte. Die Merk van die Dier is op pad.

* Ek wil net vir Vaalweekblad vra of julle ‘n antwoord het op my sms wat geplaas was dat Vaalweekblad asb. moet ondersoek instel omtrent die straatligte wat dag en nag brand. EG.

(Die stadsraad sê hulle gee aandag aan die saak. Red.)

* Hello I‘m looking for a clinic in the Vaal Triangle that offers minimal fees for dentistry and glasses. I’m a pensioner and my daughter receives a disabiliy grant, if anyone could help me with contact numbers? I will be so grateful, many thanks. Mrs Jennifer Moolman 076 703 992.

* Vorige sms verwys: Sover ek weet, gee God nie ‘n bevel om iets te doen nie maar wel take en struikelblokke op jou pad as beproewing van hoe sterk jou geloof is.

* Ek wil graag weet waar is Meyerton-ouetehuis se beloofde gedeelte van die boekverkope wat ‘n sekere skrywer belowe het? Hulle wag nou nog.

* Mense wat kla oor karwagte, ry taxi, hulle laai julle voor die deur af.

* Ek sien die mense wat in die blou huis bly waar die dreigende olifant soms kuier, is besig om te trek!

* “Ons” is ‘n pyn en SAL met pyndoder behandel word! “Ons” het nou klaar sms’e getrace na “ons” by ‘n huis ingebreek het om selfone en familiefoto’s te steel! “Ons” sal voortaan as die ONS-party bekend staan en nie meer as 3de partye nie! “Ons” regsman met sy belt moet pasop hy kan daarmee gewurg word!

* Ek wil net aan ‘n sekere dame van Parys sê dat sy nie haar vriendin se ou skoene werd is nie. Jy dink jy het goue klokke, al wat ‘n man is wil jou hê. Maar ai tog, hulle ken jou waarlik nie. As hulle jou moet ken, sal hulle jou vermy. Jy doen jou voor wat jy nie is nie.

* Karwag, as jy nie R2 kan betaal nie, moenie hanahana.

* Baie dankie aan Ockie van GSS vir goeie werk wat jy lewer. Jy is ‘n great mens en altyd vriendelik. Ek waardeer al jou moeite en geduld.

* Hi julle, ek het al die sms gestuur maar julle het dit nie geplaas nie. Kan my bidvriend my asb sms. Het jou nommer verloor, weer software upgrade. Baie dankie. Kotie.

(Hi Kotie, sms weer en sê waar jou bidvriend jou kan kontak. Red).

* Baie dankie aan my ouma wat so baie vir my doen!! En my ma en pa en oom wat vir my na plekke toe vat!! Lief julle almal baie!! Van: Chane Griesel!

* Hi julle, het ‘n opvolgberig gehad van Danica met die kanker en wat van ‘n opvolgberig van die lewerpasiëntjie Shantique, asb. ons wil weet, dankie.

(Stuur gerus weer die foonnommer dan kontak ons haar ouers. Red).

* Goeie môre, ek is op soek na ‘n groot wynvat asb, as iemand my kan help. Kontak Amanda. 071 968 9184.

* Aan die opc bewonderaar. Wil net sê die dame met die rooi opc is nie skaam nie, sy en haar man woon in Nigerië, en is net elke drie maande by die huis.

* Dankie aan die oom wat my Saterdagoggend 20 Julie met my bike wat gebreek het, gehelp het. Daar is min mense nog soos jy, eendag sal ek die guns terugbetaal. Groete biker, Thai.

* Blanke dame dringend op soek na ‘n laptop. Werkloos en wil ‘n inkomste probeer verdien. Kan ‘n barmhartige samaritaan help asb? 081 8293 799.

* Wat ‘n teleurstelling. Het so uitgesien na julle blokraai. Mari Myburgh bied seker klasse aan in Latyn, teologie, stel atlasse op, botanikus, en nog ander hogere tale. Dis geen plesier nie. Gaan leer by al die ander tydskrifte en Sondagkoerante om sy lesers te plesier. Gee liewer die R500 vir die behoeftiges. Jeanette.

(Haar blokraaie het reeds in verskeie tydskrifte verskyn. Moenie moed opgee nie - gaan doen bietjie opleeswerk in ensiklopedieë of die biblioteek as u nie internet het nie. Al die antwoorde is daar. Red).

* Hi daar, ek het oorskietwol wat u kan gebruik, my no. 072 2329 335.

* Hi ek het ‘n Audi A4 en wil hom ruil vir ‘n 1600 Mazda-bakkie, dis dringend, 071 5455 273.

* Plaas asb: saamrygeleentheid beskikbaar vanaf Vanderbijl na Alberton. Maandag tot Vrydag. Slegs dames. Kontak 073 100 1389.

* Aan die persoon wat raad soek wat nie kan slaap as haar man so snork nie. Gaan slaap in die ander kamer of sit earplugs oor jou ore (die wat die ouens gebruik op die skietbaan wat lyk soos oorfone). Bevrees dan sal jy op jou rug moet slaap.

* Hamsterhokke, verskillende groottes en hasiehok beskikbaar. 071 689 6004.

* Ek wil net baie dankie sê vir D.J Benna vir sy goeie diens by troues, verjaardae en ander funksies. Voorwaar ‘n staatmaker. En geregistreer by Samco. Sterkte. Hou so aan.

* Ek is baie dringend op soek na ‘n Opel Corsa 1.3i enjin wat in ‘n goeie kondisie is en nie te duur is nie asb. Kontak my, Jaap Potgieter, by 082 3312 105 Baie dankie.

* So baie gooi kos weg. Ek moes deur omstandighede my werk los om ‘n kind by te staan. Kan iemand my asb. met voedsel help? Ek is ‘n 58 jr vrou. Kontak my by 079 3569 827.

* Hi I don’t think you can read Afrikaans. So this sms is in English, last week I walked in to your shop and asked you in a polite way if you sell prepaid electricity, you were very rude so I think you must close your shop and go and learn some manners how to talk to a customer.

* Christelike pensioenaris dringend op soek na klein motortjie wat maklik bestuur weens mediese redes, bv. Golfie of Uno. Kan iemand hulle harte oopmaak en help asb? 081 8293 799.

* Brief oor bedorwe honde verwys: Kallie julle is tops, by ons huis gaan dit net so behalwe dat almal se kooiens by ons in die kamer is. Suzi.

* Ek is op soek na 10 dubbelbeddens, verkieslik met houtbasis sowel as bedkassies. Kontak my gerus by 076 7170 173.

* As daar iemand in Arconpark is wat graad 8-leerling kan help met wiskunde en rekeningkunde, skakel asb. vir Christa 082 2554 782, dankie.

* Ou koerante en tydskrifte beskikbaar. Rothdene 073 1827 375.

* Miss Madelein en kie, ons neem aan wat en wie ons wil, en dan lag ons vir julle wat ongemaklik raak!

* Letter by Repulsed from Vaal: u have tons of suppressed anger. Forgive yourself. About your remark when sh%t hits SA fan? Are you part of the plans to know? About the white woman humble hair - where were yours? Curled up? I would comment on Christianity like you did but most religions say do to others as to yourself. At least your EI seem mature: you did not blame apartheid!

* Iselle van Coldsure, ek wil net weer vir jou sê baie dankie vir wat jy vir Ferdie en Milani gedoen het. Ek hoop net die beste vir julle persoonlike lewens en vir jul besigheid!

* Inwoner van Ameshoffstraat, maak asb. plan met jou alarm wat daagliks tydig en ontydig afgaan. As jy mooi kyk, sal jy sien daar’s bure om jou. IGV.

* Ek wil net aan sekere Christene sê die Here sien wat jul doen, jul broer is nog nie eers oorlede nie toe gaan haal jul sy goed, hy het vir jul blinde broer gesê hy kan die klein bandmasjien en tapes kry. Dit gun jul hom nie, sies dis ‘n skande, jul vat al die beste vir jul. Die Bybel praat van die valse profete wat sal opstaan, as ek jul is, gaan ek eerder na ‘n kerk en maak my saak reg en dien die Here opreg. Nie soos julle nie, dis ‘n skande. Van onbekend.

* My hondemaatjie het 3 weke gelede, die Donderdagnag/vroegoggend die 29/6/2013 kwart voor 3 die oggend kom tik om sy draaitjie buite te gaan loop. Sy optrede was vreemd die afgelope paar weke. Hy het ook onlangs sy hondemaatjie aan siekte verloor. Is ‘n gebasterde foxterriër, by sy bekkie en voor onder sy ken en bors is sy haartjies effe langerig. Oor sy koppie is hy swart. Oor sy lyfie lyk dit of ‘n swart velkombersie oor hom gegooi is wat strek tot by sy stertjie. Spitsoortjies en verder wit beentjies. Verlore uit die Risiville-area. Weet u dalk iets van hom? Tel: 082 346 2621.

* Pensioenaris op soek na oorskietwol en hekelgaring om popklere mee te brei om sodoende ‘n ekstra inkomste te kry. Baie dankie. Kontak 072 5241 217.

* Spotgoedkoop gebreide Barbiepopklere! Allerhande barbiepopklere vir u kind(ers)/kleinkind(ers)! Hulle sal baie lank besig wees met hulle poppe! Daar is rokke, hemde, broeke en nog meer. Kontak Jenette 072 5241 217.

* Ou rekenaars + ander elektriese ware beskikbaar. Kontak 082 4129 926.

* Baie dankie vir Blokraaisel en 3 hoera’s want dis hoe dit moet wees. KLIPPE KOU! Hou so aan. E.W.

* Ek het 100 Afrikaanse hardeband storieboeke @ R5 elk. Kontaknr 082 7974 910.

* Gehoor hoekom die padwerkers so stadig aan ons land se paaie werk?? Daar staan mos geskryf: Don’t fool yourself, SPEED kills!

* Hallo almal. Het enige een vir my ‘n plekkie asb. waarheen ek met die langnaweek kan gaan? Ek, my dogter en 2 kleingoed. 073 1880 798.

* Vaalweekblad, dankie vir die afstaan van ‘n bladsy of 2 vir al die persoonlike smse.

* Het iemand nie asb. ‘n skinkbord vir ‘n bedlêende persoon asook ‘n trollie met wieletjies wat ek onder die wasmasjien kan sit om hom te stoot nie, baie dankie, verkieslik in Vereeniging. Ek is ‘n pensioenaris. Petro 076 0108 853.

* Trots Coloured, ek stem saam met jou. Net ons voorouers wat die raslyn oortree het, was uit die gemeenskap gegooi, dit was nie aanvaarbaar nie en teen die wet. Nou is daar nie meer ‘n wet nie en word dit vrylik toegelaat. Glo my, die ouer swart mense voel net soos ons witmense daaroor.

* Indien enige iemand ‘n aborsie oorweeg, lees eers die boek Skakerings van blou geskryf deur Karin Kingsbury, verkrygbaar by biblioteek of Christelike boekwinkels.

* Amor en Madelain, hou op met jul smse, dit raak nou afgesaag. My arme seun is gelukkiger as wat hy in maande was en as jul nie ‘n tuinhulp en huishulp kan bekostig nie, dan moet jul nie jaloers raak nie en Amor jou whattsapp-status kan jy maar raam, bou ‘n brug en kom daaroor. Ek sal jou aanbeveel om die verlede agter jou te sit en aan te gaan met jou lewe.

* Mev XFD... GP met die pienk kar wat Vrydag langs my gestop het, wow, wil net sê jy is ‘n baie aantreklikke dame, hoop jou man besef dit, het ek my verbeel of is daar hartseer in daai sexy ogies? BMW.

* Ek wil net vir die ouers by ‘n sekere laerskool sê dat hul asb. die padreëls moet nakom. As jy uit ‘n parkering wil trek, moet jy drie reëls gehoorsaam. 1: Jy kan uittrek as daar geen aankomende verkeer is nie. 2: Jy kan uittrek as ‘n aankomende voertuig se flikkerlig aan is om jou plek te neem. 3: Jy kan uittrek as ‘n bestuurder stop en vir jou wys jy kan ry. As dit gebeur, steek jy jou hand in die lug en sê dankie. Jy kan nie net uittrek en nie rondkyk nie. Ek is twee keer al amper gestamp. En ‘n paar ouers sê nie dankie nie. Sies! Ons kinders loop daar rond en hul lewe hang van jul maniere af. Ek kon ‘n kind gestamp het toe ek vir ‘n kar uitgeswaai het.

* Ja nee kyk, ek verstaan seker nie die liefde nie. Maar as my man in ‘n ernstige ongeluk was, en hy ‘n beroemde sanger was, en ek vir hom lief was, en ek nie geworry het oor publisiteit nie, sou ek myself eers gemake-up het vir ‘n onderhoud of foto.

* Ek het ‘n Android 7 tablet so goed soos nuut te ruil in Vanderbijlpark, kontak 071 2300 186.

* Soek nog steeds na ‘n klein motor vir my vrou. Kan afbetaal. Slegs privaat transakies. 076 9794 581.

* Hi, plastiese visbak te koop. Rond, 12 liter. Soos nuut. R90. 072 1892 346, Rothdene.

* Is daar enigsins iemand wat macaroons kan bak in die hele Vaaldriehoek? 082 4715 396.

* Aaai, julle Capies is so suur soos vrot dikmelk. Aanvaar nou asb julle is patetiese chokers wat nooit ‘n S15 sal wen nie. Hahaha Vaaldriehoek.

* Is u raadop? Druk die lewe? Kontak die no 073 5191 300.

* Hallo almal, ek is asseblief op soek na ‘n veiligheidshek wat jy by jou voor- of agterdeur opsit wat nie meer gebruik word nie. Sal self kom afhaal. Dankie, 076 3083 450.

* Bekende naskool moes toemaak a.g.v nuwe klasse wat die eerste week in Julie vir ons kinders opgerig sou word. Daar is tot nou toe nog geen teken v.d oprig van enige klasse, nie eers ‘n teken v. ‘n baksteen nie? Hoe nou ?

* Ek wil net vir Samantha sê my bokkie ek mis jou baie en jy is die beste, jy is vir altyd myne. Van jou ding.

* Goeiedag mense. Ek het 6 kartondose vol allerhande soorte rek. Kontaknr.083 3954 735.

* Halo daar. Is u moeg gesoek na onderklere wat nie reg pas nie? Ek kan u help. Kontaknr. 083 3954 735.

* Weet nie, deesdae se mans, moet die ego se grootte by die grootte van hul 4x4s pas, ry wydsbeen oor bane, nie respek vir ander mense op paaie, spesifiek die Ford Ranger-drywers, siestog!!

* Wat gaan in Midvaal gebeur as die DA nie meer in beheer is nie? Carina.

* Sy is gebore maar sy het nooit gesterwe. Sy is op die aarde maar sy lewe nie meer. Kan iemand vir my sê wie is dit?

* Kan iemand my asb help met draad om my erf toe te span sodat ander mense se honde nie my tuin kom vertrap nie? Plante het duur geword en ek wil graag ‘n mooi tuin hê die somer. As iemand my kan help, sal ek regtig baie dankbaar wees. My nr is 083 5072 498. Baie dankie.

* Môre, ek het babakatjies wat goeie huise soek. 5 weke oud. 073 3934 404.

* Daniel by Kliprivier Dierekliniek in Meyerton, jy’s iemand met die mooiste maniere. Ek het baie respek vir jou. Amy se Ouma, julle is tops.

* Geagte publiek wat graag by Habby & Lace kom koop. Ek sit met ‘n plesier in my motor en wag sodat my vrou haarself kan geniet tussen al die mooi materiale. Ek sien hoe die motorwagte rondhardloop en die voertuie uithelp en kyk dat dit veilig bly maar waarom word die een wat reeds ‘n salaris verdien betaal net omdat hy die pakkies gelaai het maar die motorwag kry nie eers ‘n sent of ‘n dankie nie, skaam vir julle. Dankie mnr. Motorwag vir wat jy vir ons ander publiek doen, ons waardeer dit opreg baie. Van oom Sakkie.

* Hi wil net hoor of daar iemand is wat fietsryklere het wat julle nie gebruik. Skakel Koos by 072 6287 429. Dankie.

* Ek soek asb. stukkende TV,s en mikrogolwe om op te koop, bel my met jou prys. Callie 076 2750 444. Dankie.

* Môre, is op soek na kleertjies vir ‘n dogtertjie van so 4-5 of 5-6 jaar, die mamma sukkel regtig baie, dankie, skakel 072 1476 106.

* Ek wil net graag vir die man met die metallic bakkie vra of hy nie skaam kry om sy vrou so te verneuk nie, dis nou al die hoeveelste keer, ek weet waar sy werk en gaan haar vertel, maar ek dink sy weet dit. Jy is ‘n vark.

* Goeie dag. Graag wil ek baie dankie sê aan ‘n Bikers klub ...Biker Boyz Vaal.. Hulle is bikers duisend, hou aan met wat julle doen vir ons mense en vir julle gemeenskap.

* Ek is op soek na ‘n regter voorste sitplek vir 1999 Polo Classic? Sal daarvoor betaal. My no is 083 4993 833. Andries Olivier.

* Juffrou jy wat MSW en EBW aanbied aan Gr.8s, gaan asb op pensioen! Jy verneuk die kinders met punte! Dis ‘n skande man. Mnr. die Hoof, maak plan asb! Dit kan nie so aangaan nie! Besorgde ouer.

* You ask why there are so many potholes in Three Rivers. Look at the local council.... ANC run. Come look in Risiville where the DA governs - no potholes.

* Blokraai-leidraad gee is onregverdig Vaalweekblad! Dit is duidelik in woordeboeke! As jy nie antwoord ken nie, moet dan nie invul. Dis boereverneukery! Alet.

(Ons het net hierdie een keer uitgehelp omdat daar so baie navrae was. Sal nie weer nie. :-D - Red.)

* Cassie van Lekke Catering, julle kos is fantasties goed. Julle diens puik. Ek sal julle sterk aanbeveel by almal wat wil luister. Dankie vir julle vriendelikheid en dat julle uit jul pad gaan om mense gelukkig te hou. Nicky.

* Dis Magda. Kan enige persoon my help. Ek soek iemand wat met containers op die hawe werk, wat jy kan opkoop. Magda. 073 367 7812.

* Vaalweekblad van 24 - 26 Julie 2013 verw. na ’n vrou wat saam met haar man elektriese werk, DSTV install. ens. doen met wit UNO in Risiville: ek het ook ’n lelike stel afgetrap - eers DSTV, toe elektriese hek. Mense moet maar versigtig wees!!

* Ag swaap, ekt die SMS oor F.W. de Klerk lank terug gestuur. Dis nie my probleem as dit so lank na die tyd eers geplaas word nie. Ai, Small Things amuse Small Minds!

* Waar het jy al gehoor dat ‘n karwag ‘n gr. e.d of c. moet hê? Daar is mense wat dit nie kan bekostig nie, maar vir wie dit al uitweg is om iets te verdien om ‘n brood op sy tafel te kan sit.

* Ek het bye wat in my watermetergat ingetrek het, stel iemand belang? Bel my 082 6629 537 SW5.

* Vra asb hulp, sal baie waardeer word. Ek ry ‘n Nissan Centre, twee deur coope model 1992 en is op soek na die regter voorlig met flikker, 2 deur spieëls en rubbers vir die ruite, ek is bereid om te betaal. Baie dankie. Kontakno: 072 6660 865.

* Aan al die kommin mense. Ek is ook kommin en dis lekker om so te wees (ha ha). In plaas van skinder en mekaar slegsê, gebruik liewer eerder julle monde vir iets beters (lekker man lekker). Groete. Die MUFF-koning.

* Is daar iemand wat dringend verblyf soek? Ek het ‘n veilige kamer in ‘n netjiese huis vir ‘n nie-roker of nie-drinker, naby Ocumed. Kontak 072 4004 540.

* Aan C.K. van vorige uitgawe: dis als te danke aan ons Liefste Mamma! Sy’t ons so grootgemaak, Sy’s ons rots en ons is dankbaar vir ‘n ma soos sy! Nee mense is bang om in publiek te bid maar vergeet van al hul seëninge van bo. M.M.M die dogters!

* Soek asseblief die ou Sus en Daan-leesboeke!! Sms 083 4185 596.

* Sies aan blanke mans wat so hul vroue verneuk deur by nie-blanke dames besoek af te lê en dan te betaal. Skaam jul, Flemingstraat se mense, ons sien jul.

* Ou Hendrik, wakker word, het jy al van die woord VERGIFNIS gehoor? Mnr. Mandela het GOD om vergifnis gevra, wie is jy om te oordeel?

* HS my hart bloei vir elkeen wat ‘n kind of iemand aan dood afgestaan het! Ons almal se paadjie! Asb. hou op om te verkondig die en daai is nou al 2 jaar of whatever by Jesus! Om wat daar te maak! Ons almal gaan dood en bly dood tot (as jy in Jesus en Bybel glo), Jesus se wederkoms! Lees die Bybel! Hernatjie.

* Kommunisme het ons ingehaal. Vryheid v jou goed en keuse weg. Ek vra ‘n donkerblou gekleurde bankgenootskap om nie my kredietkaart op te gradeer nie. Twee weke later ‘n briefie in die pos om opgegradeerde kaart af te haal en nuwe bankfooi. By inligting grinnik klerk daaroor. Werk ons met robotte of ons gewone SA-aliens?

* Tuinslang, lank en goeie toestand. Te ruil vir dun een ook in goeie toestand. Marthie 076 5091 684.

* Mooi so Johnnys Pub! Julle is ‘n mooi voorbeeld! Ek kom self nie in ‘n pub nie! Hou so aan! Christelike Sondae my h@l! Ek is nie ‘n sogenaamde Sondag Christen nie! Hasie.

* Vaalweekblad en dink ‘n sekere evangelis blaas sy eie beuel om sy eie lof te besing.

* Stoffel, die Rooi Miere het goeie werk gedoen, dink net wat sou die wêreld gesê het as die polisie so moes optree? Maar ek dink jy moet maar die Rooi Miere bel volgende keer as iemand jou kar steel of by jou huis inbreek: van ‘n trotse polisieman.

* Vorige sms verwys. Hoe kry ‘n mens die been uit ‘n Koedoehoring? Hoekom sou ‘n mens jou been daar wil indruk? Louis Claes.

* Liewe L, ek wil net vir jou sê jy is nie lekker nie en jou kop is baie warm, waar ‘n persoon in ‘n parkeerarea wil parkeer moet die karwagte jou wys hoe jy moet ry wanneer jy moet draai en wanneer jy moet stop en ek hoop al die karwagte lees dit. Ons het nie ons lisensies in ‘n lucky pakket gekry nie. Toe ek lisensie gekry het, het die woord karwag nie eers bestaan nie. As hulle so graag mense wil leer bestuur, moet hulle asb karre oppas op die toetsgronde, ek dink hulle diens sal daar waardeer word.

* Baie dankie almal by Craftech vir jul bydrae vir kinderhuis in De Deur, Meyerton. Groete Valerie.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom