Thursday 23 October 2014
Home / News / Bekende inwoner oorlede

MEYERTON. - Mnr. George Raftopoulos (75), beter bekend as Raftos of oom Georgie, is op 27 Julie onverwags oorlede. Hy het in Fort Beaufort grootgeword, maar as ‘n jong man van 20 jaar na Meyerton verhuis, waar hy by die destydse Samancor begin werk het. Hy is op 1 September 1962 met mev. Chrissie Raftopoulos (‘n nooi Pretorius) getroud en vier kinders is uit die huwelik gebore.

Na meer as 40 jaar se diens het hy afgetree, maar was vir ‘n verdere 10 jaar in diens by kontrakteurs by die firma.

Sy familie en vriende het hom beskou as iemand wat altyd raad gegee en mense altyd begroet het met ‘n grappie of ‘n liedjie. Sy gesin het hom beskryf as die fenominaalste lewensmaat, Dad en oupa. Hy was die opregste, nederigste persoon wat hulle in hulle lewe geken het en na wie hulle kon opkyk vir leiding.

Sy trots was sy vrou, kinders en kleinkinders en sy Koi-visse.

“Ons bedank graag ook al ons familie, vriende en kennisse vir hulle ondersteuning, gebede, oproepe, kaartjies en blomme gedurende hierdie baie moeilike tyd,” sê sy familie.

Mnr. Raftopoulos word oorleef deur sy vrou, vier kinders, hul gades en vyf kleinkinders.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom