|
- Reg vir geveg: Waterpolisie gaan veiligheid afdwing |
|
|
|
|
Friday, 12 December 2008 12:22 |
|
Jacques Steenkamp VEREENIGING. - Die Waterpolisie (die voormalige Watervleuels) het verlede Donderdag met hul toerusting en hul mannekrag se vaardigheid gespog tydens die bekendstelling vir hul feestyd-operasie. Die operasie het op 6 Desember begin en duur tot 8 Januarie en sal verseker dat alle damme en riviere in die Vaaldriehoek-gebied veilig gemaak en gehou word. Verdrinkings het die afgelope drie jaar verminder en word toegeskryf aan die Waterpolisie-beamptes wat meer betrokke is by die publiek en hulle oor veiligheidsmaatreëls inlig. Volgens supt. Eugene Opperman, 'n polisiewoordvoerder, is dit hul doel om die publiek die nodige opvoeding te gee. "Ons wil graag vriendelik teenoor die publiek optree, maar dit is soms nodig om streng teenoor mense wat ander se lewens in gevaar stel, op te tree. "Ons het 'n plig om te verseker dat vakansiegangers veilig is op en naby damme en riviere," het supt. Opperman gesê.
|