|
|
|
- Verkeersvoertuie almal gegrond! |
|
|
|
|
Friday, 03 September 2010 14:39 |
|
Jacques Steenkamp SASOLBURG. – Die huidige stakings in Suid-Afrika het tans ‘n negatiewe uitwerking op die Metsimaholo-verkeersdepartement nadat al Sasolburg se verkeersvoertuie se voertuiglisensies reeds op 21 Julie 2010 verval het en nie huidiglik hernu kan word nie. Volgens mnr. Gino Alberts, Metsimaholo-woordvoerder, staak die provinsiale lisensiekantoorwekners ook en is geen van die verkeersvoertuie vanaf 21 Augustus 2010 meer ‘padwaardig’ nie. Dit is nadat die 30 dae grasie periode reeds verval het. |
|
Read more...
|
|
- Man ernstig na hy van trok val |
|
|
|
|
Friday, 03 September 2010 14:38 |
|
Jacques Steenkamp VANDERBIJLPARK. – ‘n Man in sy vyftigs is verlede Woensdag omstreeks 12:00 ernstig beseer nadat hy van die agterkant van ‘n vragmotor afgeval het. Volgens mnr. Werner Vermaak, ‘n ER24-woordvoerder, was die man glo besig om die vragmotor se vrag af te laai toe hy geval het. |
|
Read more...
|
|
- Polisie skiet glo bees in dorp, slag dit in lykshuis |
|
|
|
|
Friday, 03 September 2010 14:37 |
|
Jacques Steenkamp VANDERBIJLPARK. – ‘n Bekommerde lid van die publiek beweer dat sekere Vanderbijlpark-polisiebeamptes, waaronder ‘n polisie-kaptein, glo verlede week helder oor dag ‘n bees in die dorp doodgeskiet en daarna in die polisie-lykshuis gaan slag het. Die bees het glo by die Riverside Boulevard-winkelkompleks rond gedwaal. Die polisie ontbied om die bees weg te neem, maar tot almal se verbasing het hulle die bees geskiet. |
|
Read more...
|
|
- Vragmotor mors glas oor snelweg |
|
|
|
|
Friday, 03 September 2010 14:36 |
|
Jacques Steenkamp SASOLBURG. – ‘n Vrag leë glasbottels het Vrydag omstreeks 21:15 vanaf ‘n vragmotor op die R59-snelweg net buite Sasolburg geval, wat veroorsaak het dat albei bane met duisende stukke glas bedek was. |
|
Read more...
|
|
- Rowers wag ‘geduldig’ vir slagoffers |
|
|
|
|
Friday, 03 September 2010 14:35 |
|
Jacques Steenkamp VANDERBIJLPARK. – Drie gewapende rowers het verlede Maandag omstreeks 19:30 gewag tot dat die eienaar van ‘n huis in Beethovenstraat, SW5, in sy erf stilgehou en die hek wou sluit voordat hulle hom aangeval het. A/o Kinnie Steyn, ‘n polisiewoordvoerder, sê die rowers was met ‘n R5-geweer en twee pistole gewapen. |
|
Read more...
|
|
|
- Bejaarde gekaap, gedreig en beroof |
|
|
|
|
Friday, 27 August 2010 14:24 |
|
Riata Nel SASOLBURG. – ‘n Bejaarde vrou van Sasolburg is verlede week helder oordag in ‘n parkeerarea in Sasolburg gekaap, gedreig en van R15 000 beroof. “Die vrou het inkopies gedoen by die Grootfonteinsentrum in Sasolburg en het in die motor geklim toe twee mans by haar in die motor klim. Hulle het vir sowat twee ure met haar in Sasolburg rondgery,” sê ‘n betroubare bron. Die motor is later by die parkeerterrein agter die Penney Heynsswembad parkeer, waarna die twee mans saam met haar na Absa-bank gestap het. |
|
Read more...
|
|
- Drie polisiebeamptes beseer in ongeluk |
|
|
|
|
Friday, 27 August 2010 14:00 |
|
Drie polisiebeamptes is verlee week ernstig beseer toe hul voertuig op die R549 naby die Vaaldam omgeslaan het. Hulle was vermoedelik in die rigting van Deneysville onderweg. Paramedici van ER24 en ander nooddienspersoneel het met hul aankoms op die toneel vasgestel dat die wrak teen 'n skuinste afgerol het. |
|
Read more...
|
|
- Motorfietsryer sterf in hospitaal twee weke na ongeluk |
|
|
|
|
Friday, 27 August 2010 13:53 |
|
Jacques Steenkamp VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaaslike motorfietsryer wat Saterdag 24 Julie omstreeks 08:30 ernstig beseer is in ‘n ongeluk buite Deneysville, het aan sy beserings beswyk. |
|
Read more...
|
|
Friday, 27 August 2010 13:49 |
|
Jacques Steenkamp VEREENIGING. – ‘n Jong man se linkerhand is Donderdag omstreeks 13:00 deur ‘n onbekende aanvaller met vermoedelik ‘n panga afgekap nadat daar glo ‘n rusie tussen die twee ontstaan het. Me. Vanessa Jackson, ‘n ER24-woordvoerder, sê dat paramedici na die Sharpeville-polisiestasie ontbied is, waar die beseerde man op hulle gewag het. |
|
Last Updated ( Friday, 03 September 2010 14:28 )
|
|
Read more...
|
|
Friday, 27 August 2010 13:48 |
|
Jacques Steenkamp VAALPARK. – ‘n Kop teen kop-botsing tussen twee voertuie waarin albei motoriste ernstig beseer is, het Sondag omstreeks 14:00 veroorsaak dat die R59-snelweg vir meer as twee ure gesluit is. Volgens mnr. Chris Botha, ‘n Netcare 911-woordvoerder, was die een motoris - ‘n vrou - steeds in die wrak van haar BMW vasgekeer en het die ander voertuig in die veld in gerol. “Lede van die brandweer moes die vrou met behulp van meganiese kake uit die wrak bevry terwyl paramedici haar op asemhalingstoerusting geplaas het,” sê Botha. |
|
Read more...
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
|
|
Page 1 of 16 |