|
|
|
- Wetenskap-slim studente die toekoms van Suid-Afrika |
|
|
|
|
Friday, 27 August 2010 14:04 |
|
VANDERBIJLPARK. - Die gonswoorde vir enige toekomstige student aan 'n universiteit is "tegnologie", "wetenskap" en "wiskunde" en die belangrikheid van hierdie vakrigtings kan nie genoeg beklemtoon word nie. Ten einde die boodskap van wetenskapgerigte loopbane tuis te bring het die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaaldriehoek) onlangs aan die jaarlikse Sasol Techno X-uitstalling deelgeneem. |
|
Read more...
|
|
- NWU Vaal gee 67 minute vir Madiba-dag |
|
|
|
|
Friday, 27 August 2010 14:03 |
|
VANDERBIJLPARK. - Ter viering van die eerste internasionale Nelson Mandela Dag-inisiatief wat onlangs plaasgevind het, het die NWU Vaal bemarkingspan hande gevat met 'n plaaslike radiostasie - Karabo Fm (103.7mha), en besoek gelewer aan die Phiritona Sekondêre Skool. Dié township-skool is in Heilbron in die Vrystaat geleë. Die program vir die dag het uit drie segmente bestaan wat elk 67 minute in beslag geneem het. Die doel van die uitreik-aksie was om die graad 12-studente - wat tans voorberei vir hul eindeksamen, te motiveer om hul beste te lewer. |
|
Read more...
|
|
|
- Opedag - jou venster tot sukses |
|
|
|
|
Thursday, 29 July 2010 21:30 |
|
VANDERBIJLPARK. – Die immergewilde opedag van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), waarheen voornemende studente en hul ouers jaarliks stroom om nommerpas inligting in te win oor studierigtings, toelatingsvereistes, verblyf en finansies, vind plaas op Saterdag 31 Julie vanaf 08:00. By die opedag kan graad 11- en 12-leerders en hul ouers met die akademiese- én ondersteuningspersoneel gesels en program- en vakinhoude eerstehands ervaar. Die moderne wêreld van werk bied oneindig baie keuses aan jongmense en 'n studie- en beroepskeuse is een van die belangrikste keuses wat alreeds op die skoolbanke begin. Om die regte keuse te maak, moet jy egter soveel as moontlik inligting bymekaarmaak van 'n verskeidenheid moontlike studie- en beroepsrigtings – hoe meer inligting jy kan kry, hoe groter is jou kans om 'n goeie en ingeligte besluit te neem. Albei die fakulteite Geesteswetenskappe en Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie, asook individuele departemente sal teenwoordig wees en personeel sal met geesdrif en kundigheid raad gee. * Graad 12’s, kom maak seker Indien jy nog kopkrap oor 'n moontlike studierigting of as jy reeds besluit het om by die NWU Vaal-familie aan te sluit, die opedag bied jou die geleentheid om antwoorde op al jou vrae te kry – 'n hele nuwe wêreld sal vir jou oopgaan! By die opedag kan jy ook meer uitvind oor watter ondersteuningsdienste vir jou beskikbaar is wanneer jy 'n student is en hoe dit jou kan help. Jy kan ook kom uitvind hoeveel jou gekose program gaan kos, waar jy finansiële steun kan kry en of jy by 'n koshuis kan aansluit. * Unieke studentweeservaring Tydens die opedag sal die ses koshuise se onderskeie huiskomitee-lede ook beskikbaar wees om jou in te lig oor die unieke studente-lewe op die kampus. Kom loer gerus waaroor studentwees nou eintlik gaan en hoor eerstehands by die senior studente waarom die NWU Vaal-kampus 'n eerste keuse is vir hoëronderwys. Die Vaal-kampus nooi jou uit om vir 'n dag jou skoolbaadjie uit te trek en jouself in die skoene van 'n NWU Vaal-student te bevind! Vir meer inligting, skakel gerus (016) 910 3184. |
|
- Reünie verbind alumni met alma mater |
|
|
|
|
Friday, 18 June 2010 09:55 |
|
VANDERBIJLPARK. – Nostalgie, verlange, kameraadskap en samehorigheid is maar enkele emosies wat kenmerkend is aan NWU Vaal-alumni byeenkomste. Hierdie gevoel van kameraadskap het weereens op die voorgrond getree met die afgelope reünie wat by die Quest Conference Estate gehou is. Die reünie, vir alle alumnus en alumna binne die vakgroepe Ekonomie en Rekeningkunde, het 'n vloot-tema gehad en gaste is op 'n besonderse manier getrakteer. Die gaskunstenaars vir die geleentheid was die acapella-groep, Navi Redd. |
|
Read more...
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>
|
|
Page 1 of 4 |