Tuisblad Kerknuus
Kerknuus
- Ontdek opnuut die Heerlikheid van Christus PDF Print E-mail
Friday, 03 September 2010 15:10

Hierdie leesskat vir die moderne leser is die laaste Christelike boek uit die pen van John Owen (1616-1683), net voor sy afsterwe. Owen was ‘n Puriteinse leraar en teoloog wat as prediker en adviseur vir Olivier Cromwell opgetree het en later die posisie as dekaan van Christ Church aan die Oxford Universiteit beklee het.

Read more...
 
- NG Kerk Deneysville se jaarlikse gholfdag PDF Print E-mail
Friday, 03 September 2010 15:04

Die NG Kerk Deneysville se jaarlikse gholfdag vind plaas op 3 September by die Riviera on Vaal-buiteklub in Vereeniging.
Die formaat van die kompetisie is 'n individuele puntespel (IPS). Baie goeie pryse is weer eens op die spel. Inskrywingsgeld beloop R150 en sluit 'n ete in.

Read more...
 
- NG Kerk Drie Riviere-Oos hou basaar PDF Print E-mail
Friday, 03 September 2010 14:45

VEREENIGING. – Die NG Kerk Drie Riviere-Oos hou op Saterdag 4 September basaar by die kerk op die hoek van Palm- en Hazelstraatstraat. Daar gaan weggespring word met ’n pretstap, waartydens groot pryse gewen kan word. Daarna kan jy jouself kom trakteer en die verskillende kosstalletjies besoek. Daar gaan alles wees van pannekoek, poeding, skyfies, vetkoek, jaffels en kerrie en rys tot die beste boereworsrolle in die hele Vaaldriehoek, beloof die organiseerders.

Read more...
 
– OU BEGRIPPE MET NUWE INHOUD PDF Print E-mail
Friday, 03 September 2010 14:28

Tienie van der Walt

Soos wat die wêreld om ons ontwikkel en verander, só word daar ook nuwe begrippe geskep om hierdie dinge te benoem. Dikwels kry ou begrippe egter ook nuwe inhoud. Die probleem met ou bekende begrippe waarvan die inhoud gewysig word, is dat baie mense geneig is om die nuwe inhoud kritiekloos, onnadenkend te aanvaar. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die begrip "rassisme". "Rassisme" dui op ‘n situasie waar iemand se siening van en optrede teenoor ‘n persoon van ‘n ander ras, bevooroordeeld en onregverdig is bloot op grond van sy/haar ras.

 

Read more...
 
- Basaar by NG Kerk Vanderbijlpark-Suid PDF Print E-mail
Friday, 27 August 2010 13:40

VANDERBIJLPARK. - Die NG Kerk Vanderbijlpark-Suid hou op 4 September vanaf 10:00 basaar. Daar sal 'n wye spyskaart van pannekoek, vetkoek en maalvleis, kerrie en rys, boereworsbroodjies, slap tjips en basaarpoeding wees. Vir die dorstiges is daar koeldrank en heerlike ontspanning in die teetuin wat 'n baie besonderse spyskaart aanbied. Verder kan die heerlikste tuisgebak by die koektafel gekoop word.

Read more...
 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 10