Tuisblad SMS menings
SMS menings
- So SMS ons lesers (1-3 September) PDF Print E-mail
User Rating: / 1
PoorBest 

Wil jy jou mening gee oor 'n berig in vandag se koerant of oor enige ander saak wat jou na aan die hart lê? SMS jou mening na 41913 en vertel ons hoe jy voel. SMS'e kos R1-50. Menings word sover as moontlik onveranderd gepubliseer mits dit nie lasterlik is of uitermate kru taal bevat nie. Jy kan jou naam, jou voorletters of 'n skuilnaam byvoeg.

Read more...
 
- So SMS ons lesers (25-27 Augustus 2010) PDF Print E-mail

Wil jy jou mening gee oor 'n berig in vandag se koerant of oor enige ander saak wat jou na aan die hart lê? SMS jou mening na 41913 en vertel ons hoe jy voel. SMS'e kos R1-50. Menings word sover as moontlik onveranderd gepubliseer mits dit nie lasterlik is of uitermate kru taal bevat nie. Jy kan jou naam, jou voorletters of 'n skuilnaam byvoeg.

 

* Ek werk by 'n kleuterskool en enigiets wat jy met die baas bespreek, persoonlik of nie, word uitgeblaker vir almal, sy kan net mooi niks vir haar self hou nie. Wonder maar net hoe kan sy 'n baas wees - almal skinder al van haar maar niemand wil met haar daaroor praat nie want dan verskree sy almal. Wonder maar net baas, hoekom jy dit doen. Anoniem.

 

* Moeg gekla oor straatligte in Armstrongstraat, CW 3, wat nie werk nie en 'n groot risiko vir studente is wat daar loop, kan iemand ons help met die probleem? Moeg vir donker.

 

* Ek lug my mening na aanleiding van 'n sms in Vaalweekblad van 18-20 Aug. Oor motorfietse. Ja daar is mense wat roekeloos op motorfietse ry, maar met motors ook. En om 'n motorfietslisensie te kry is al moeiliker as kar. My kind het 'n motorfiets en het haar lisensie eers die 3de keer gekry, so streng is dit. Maar motorbestuurders moet eerder meer respek toon teenoor motorfietsryers want motorbestuurders redeneer motorfietsryers het geen reg op ons paaie nie. Motorfietsryers is nie altyd skuldig. Sonja.

 

* Daniel, jy's reg. (Vaalweekblad 18 Aug). HTS wen die geveg. Waar kom Bakkies Botha vandaan? Hoekom is hy geskors? Vuil spel! Nou wat nou? Anti HTS.


* Stella, stel 'n biker voor, ek ry al jare 'n bike en as jy op 'n agterwiel van 'n bike ry, dan kan jy. Daniel-Son.

 

* Roy Camblestraat Sasolburg het uiters dringend aandag nodig. Slaggate is die hele straat vol. Kinders gaan raakgery word soos voertuie uitswaai. Red ons! SVG.

 

* Na aanleiding van klagtes oor AWB: Niemand dwing jou om by die AWB aan te sluit nie. Ons soek nie mense soos julle nie. Rina

 

* Wil net vir Jay sê: ons mag maar veras word. Niks daarmee verkeerd nie. GOD kom haal ons wanneer ons ons laaste asem uitblaas. Anoniem.

 

* Geen slaghuis in Sasolburg verkoop ordentlike boerewors nie. Als is vol senings en bene. Sif asb. jul kruie, ek is moeg doppe uitgespoeg! Ekke.

 

* Ek sien in my gedagtes hoe moes die wag die dood sien. Wouter.

 

* Ek sien die man wat by die robot bedel, sˆ nou op sy plakkaat dat sy siek kind toe onder operasie gesterf het. (Iemand het onlangs ge-SMS hy het nie 'n kind nie). Ek ry byna daagliks daardie pad! Wie weet wat aangaan? Tannie.

 

* Hendrik, as jy niks beters het om te doen nie, los asb wit paartjies uit wat swart kindertjies aanneem. Dankie. Vaalweekblad- leser.

 

* Wil net graag weet, is daar nie 'n moonlikheid dat daar opgetree kan word teen mense wat hul huis uitverhuur aan studente deur 'n middelman as 'n besigheid probleme skep vir die inwoners van die area nie? Dit maak 'n plek oorbewoon en onaangenaam vir die mense soos bv. in Landmanstr. Kan die DA nie optree teen die wettige eienaar van die huis nie? Vra maar net. Anoniem.

 

* Klubrugby: Hoekom al die klubs in die Vaal se spelers nooi as die afrigters klaar besluit het dat die hele Vereeniging se eerste span, let wel, wat nie eers vir Springs in die finaal kon wen nie, goed genoeg is om as die Valke Amateurspan deur te gaan? Voortrek is aan die orde van die dag by hierdie span. Ontevrede speler.

 

* My mening oor die voorheen openbare area oos van Riverside Hotel. Dit is die enigste stukkie grond langs die Vaa rivier wat oor is vir die publiek. Kom mense, kom ons staan saam. Vaalweekblad moet weer 'n berig oor die saak in die koerant plaas. Asb. Mark. 

 

* Ek gaan my huis in die mark sit agv die verdomde motorfietse wat tot in die vroeë oggendure op die hoofpaaie van Sasolburg resies jaag. Ja, biker, ek weet jy sê wat worry ek, daarom is dit my houding ook, en wil ek vir julle sê: Menere, ek hoop julle val julle g@tte af! Gatvol, Sasolburg.

 

* Dis bevestig deur 'n werknemer van die munisipaliteit, ons rekeninge word met 15% gelaai gedurende wintermaande om die armes se agterstallige diensgeld te dek. Jy kan doen wat jy wil, betaal sal jy betaal. Dis so onregverdig, jy kan niks daaraan doen nie. Ingedoen.

 

* Mense met hoë elektriese rekenings moet gaan uitvind of hulle meters nie vervang is nie. My huis se meter is vervang en toe word gesê daar is met die seëls gepeuter en ons is daarvan beskuldig dat ons krag steel en dit met 'n meterboks ver van die erf in 'n ander straat, en word toe sommer vir 800 eenhede vir 2 jaar aangeslaan. Stella. Steelpark.

 

* Die wit kaalkop man met die insleepvoertuig wat voertuie steel, word dopgehou. Jy is die oorsaak dat my lewe hel geword het. Jy het my brood en botter gesteel. Mag jy eendag dubbel soveel hel hˆ! Anoniem.

 

* Ek bly in Sasolburg. Ons paaie lyk terrible. Vroeër jare moes mens uitkyk vir ander motors om ongelukke te voorkom maar vandag moet jy uitkyk vir SLAGGATE. Geen wonder daar is so baie ongelukke nie! Doen iets asseblief. Stephanie. 

 

* Matriek-afskeid is nou net 'n geldmaakstorie. Die koste daaraan is astronomies. Die rok, hare, naels, gimering, juwele, skoene. Dan praat ons nie van die toegang nie, R300 en meer. En wat van tweelinge en drielinge, dan is foto's ook nog soms nie ingereken by party skole nie. Dis al erger as 'n troue. En die wat nie kan betaal nie, kan nie gaan nie. Ek sê as hul dit wil doen, hou dit by skole en maak dit bekostigbaar vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ek is seker daar is ander ouers wat ook so voel. Sonja.

 

* Ek wil my mening lug oor die stakery wat op 19/08/2010 in Vereeniging voor die hof plaasgevind het van onderwysers en onderwyseresse. Dit wys my dat julle baie ondankbaar is oor wat julle kry. Dit is vir my tragies as ek sien hoe die mense staak. Eers was dit die munisipaliteit, toe die spoorwegwerkers, toe Eskom en nou die onderwysers en onderwysseresse. In my geval, is ek 'n motorwag wat moet aanvaar wat ek by 'n kliënt kry. Karwag.

 

* Ons as wit ouers voel dat Hendrik nie weet waarvan hy praat nie. (Vaalweekblad - 18 Augustus). Daardie kindertjies het dalk beter maniere as jy. Ons ontneem glad nie ons (swart) kind van sy kultuur of taal nie, as hy dit wil leer, sal ons hom nie keer nie maar sal hom ondersteun. Hy was 2 maande oud toe ons hom gekry het en hy word al amper 8. Ons sal ons kind vir niks verruil in die wêreld nie. Hy is alles vir ons. Ons vra niemand geld of kos om vir hom te sorg nie. Van Willie en Marietjie.

 

* Ja Brent Archer en Priscilla, ons by die AWB verkrag en moor nie oumense nie. Ons brand nie skole af en toi-toi oor alles nie. Ons aanbid God die Vader en sien om na ons eie veiligheid wat julle korrupte regering nie kan doen nie. Trots AWB.

 

* Ek stem saam met ouer van HTS, dit sal net great wees as hulle wel met hul harte speel en hulle vuiste by die huis los, en as dit wel is hoe die volgende geslag met geweld wil ingaan, Vader help ons. Rugby-liefhebber.

 

* Marietjie-slagoffer wil weet wie jy kan vertrou as jy geld moet terugbetaal aangesien ek elke twee jaar deur nuwe prokureurs gedagvaar word. Die eerste prokureur het stilletjies verdwyn, die tweede aan wie ek begin terugbetaal het, is gelikwideer en nou is daar weer 'n derde terwyl daar in verlede week se uitgawe gesê word dat mens versigtig moet wees en nie sommer moet betaal nie! Intussen klop die balju aan jou deur en dreig jou maar jy ontvang niks op skrif. Ook, die prokureur wat tans dagvaar, sê hy kan nie minder as R500 pm aanvaar nie! Waar gaan dit eindig? Anoniem.

 

* Ek wil graag ook net weet waar die munisipaliteit aan hul bedrae kom, want daar word nooit lesings gevat nie? Hul moet ook konsentreer op die slaggate in Barrageweg voor dit weer reën aangesien hul die tyd het! E.D.

 

* Krion-skema: ek wil net sê die meeste mense kry Marietjie jammer! Kry die mense jammer wat alles verloor het. Niemand was gedwing nie maar kom ons wees eerlik - 'n mens bou nie jou geluk op ander se ongeluk nie en dit is wat hul gedoen het. Sy moet vat wat na haar kant toe kom! Anoniem.

 

* Emfuleni Ward 5 by-election takes place on August 25 from 7am to 21pm at Laerskoof DF Malherbe, Hoërskool Driehoek, Post Duif Club and a tent will be erected next to the Riversun Hotel. Please vote right. Councilor Milu Malhou.

 

* Oom Hendrik, ek wil net vir oom sˆ ek is 'n swart seuntjie van agt jaar oud en my mamma en pappa is wit. Ek is baie lief vir hulle en wil nie 'n ander mamma en pappa hˆ nie. Hulle kyk mooi na my en sorg baie goed vir my. Baie dankie.

 

* Ai, dat mense so verkeerd kan wees. Die trok wat in die rivier geland het, het niks met perde te doen nie. Dis 'n 'perd' wat n trailor sleep, en daai is nie 'n side tipper trailor nie. Ek dink as mense wat ons operateurs so oordeel self die moeite doen om te probeer om 'n trok te bestuur, hulle gou hul mening sal verander. Dis nie maklik nie en as mense weet hoe hul ons lewens en hulle s'n ook in gevaar stel deur voor ons in te sny, sal hul dadelik op hou. Beertjie.
(Vaalweekblad vra inderdaad verskoning vir die fout. Ons verslaggewer was onbekend met die term "perd" en het sy bron dus misverstaan. Redakteur).

 

* Die skool maak nie saak nie - die dissipline doen wel. Rugby is definintief nie 'n geveg nie soos wat een ouer dit laasweek stel nie. ("...hulle wen nie altyd nie maar wen wel die geveg"). Wat probeer jy sê? Dit weerspieël jou houding. Miskien moet julle HTS Vereeniging se spelers liewer vir ballet stuur. Harde rugby is een ding, maar dissipline is iets wat jy in ballet sal leer en kan toepas. Ballet verg baie selfbeheersing en dissipline en is daarby baie stylvol - anders as skolerugby. Waarheen het die 5 hoekstene verdwyn? Of is dit net van toepassing tydens skooltyd? Net 'n gedagte.

 

* Ek het verskeie kere al gekla ivm 'n droë boom wat langs ons muur in die veld staan wat moet verwyder word voor hy op ons betonmuur val. Iemand het 'n ruk gelede vuur gemaak onder hom en verder vreet die miere ook nog aan hom. Inwoner, Pupinstraat 41.

 

* Wil net graag vir die raadslede op ons dorp se lamppale vra, kan jul asb. die straatligte in Strausstraat en Lassusstraat laat regmaak - dis al meer as 'n jaar stukkend. Leser.

 

* Hendrik hou op om klippe te gooi na wit paartjies wat swart kindertjies aanneem. Wie is jy om te oordeel? My vriendin het 'n swart seuntjie aangeneem en hy het diep in my hart ingekruip. Hy is pragtig en het die mooiste maniere. Los die wit paartjies uit, want daardie mense kan dalk beter vir hulle sorg. Vriendin van 'n wit paartjie.

 

Lesers moet asseblief daarop let dat die SMS-kommentaarlyn slegs bedoel is vir algemene menings en nie gebruik kan word om produkte te adverteer of ondernemings, skole of politieke partye te bemark nie. (Redakteur).

 
- So SMS ons lesers (11-13 Augustus 2010) PDF Print E-mail

Wil jy jou mening gee oor 'n berig in vandag se koerant of oor enige ander saak wat jou na aan die hart lê? SMS jou mening na 41913 en vertel ons hoe jy voel. SMS'e kos R1-50. Menings word sover as moontlik onveranderd gepubliseer mits dit nie lasterlik is of uitermate kru taal bevat nie. Jy kan jou naam, jou voorletters of 'n skuilnaam byvoeg.


* Kan die munisipaliteit nie asb. die straatligte in Olifantskopstraat, Vaalpark kom regmaak nie? Van hulle werk 'n jaar al nie meer nie. Dis al 'n paar maal gerapporteer. Inwoner.

 

* Ons word al sedert Februarie belowe dat bome verwyder sal word. Driekie was 5 Julie hier om te kyk hoe kraak die beton en het gesê binne die volgende paar dae sal die bome uit wees - ons trek al by 5 Augustus. Hoe nou? De Foestraat SW1. Inwoner.

 

* Ek kan dalk tot hulp wees vir beswaarde inwoner van Genl. Froneman straat en Anoniem van Drie Riviere oor hul probleme met die munisipaliteit. Raadslid Nic van Rensburg, 083 731 1126, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

* Krion-saak: Skelm of nie, 'n mens verdien net soveel vergifnis as wat mens gee. Waar is jul geloof mense? Vergewe Marietjie en red wat te redde is. Ons bid vir julle. Akker.

 

* Ek wil net dankie aan die toutrok sê wat ons gehelp het by Bonanne-robot en dat hul die ambulaans so vinnag geskakel het. Dankie! P.Hutting.

 

* Straatligte in Beethovenstraat, Vanderbijlpark, op pad na Golden Goose werk al vir die afgelope 8 jaar nie. Rapporteer help nie. Kan ons raadslid miskien help? Beswaarde inwoner.

 

* Ek wonder elke keer as ek die biblioteek in Vdbpark besoek of iemand sal kan sê wanneer laas nuwe boeke vir die volwasse afdeling aangekoop is? Daar is nooit 'n nuwe boek wat jy vra beskikbaar nie! Leser.

 

* Briesend, jy's doodreg. Metsimaholo Munisipaliteit skakel ons geisers af. Hier was 'n man van die munisipaliteit wat 'n toestel kom insit het, wat die geiser reguleer (hy sê my eers toe hy ry). Elke dag van die week word myne afgesit in die oggend 06:00 tot 11:00 en in die aand van 19:00 tot 22:00. Almal s'n word nie afgesit nie - net sekere mense s'n. Dis diskriminasie! EB.

 

* Verpligte netbal: Hoor hier mevrou, ek het ook 'n dogter in graad 8 wat ook nie kan netbal speel nie en ook nie 'n sportkind is nie, maar sy het darem deelgeneem en sy het nie opgebring van die kamma-stres nie. Ook 'n ma.

 

* Julle almal het iets te sê oor Marietjie. Dié wat daar belê het, lekker, jy wou mos. Julle het ook gesondig want 'greed' is 'n groot sonde. Gaan vee voor julle eie deure. Mnr. G.

 

* Wil net dankie sê dat Gerda en Yvonne gehelp het om die meterkas gesluit te kry, ek wag net nog steeds dat die boom wat my skadunet gaan beskadig, gesny word VOOR dit gebeur. Steph. N.J. vd Merwestraat.

 

* Vir die wat nie weet nie, pasop vir vervalste R100-note. Ek het dit by De Deur-vlooimark gekry. J.N.B.

 

* Watermeter-deksels is almal gesteel in Pres. Hoffmanstraat en in Genl. Fronemanstraat. Wat moet ons daaraan doen? Leser.

 

* Kyk ek't nou genoeg gehad van al hierdie menings oor Mr Gay. Los ons uit, haal die splinter uit jou eie oog uit. Los ons net uit. Of kom vat my persoonlik aan. Chris.

 

* Krion Marietjie draai julle weer 'n rat voor die oë. As haar straf uitgedien is, gaan sy lekker leef met ons geld wat sy nou wegsteek. Ek glo nie 'n woord van haar kastige swaarkry nie want die oomblik wat sy haar mond oopmaak, lieg sy. Anoniem.

 

* Asb, die vrou met die goue breakdown wat met haar kind jaag is onverantwoordelik en sy moet asb. van ongelukke af weggewys word want wat van haar kind? Netnou is daar nog 'n ongeluk. Bekommerd.

 

* Verpligte netbal: Kinders wat vals sing, word nie gedwing om voor almal te sing en gekke van hulself te maak nie. Hoekom wil onnies dan gekke maak van ons wat nie sporttalent het nie? Net dat ons lekker gespot kan word? Onnies, julle is WREED! Ook sporttalentloos.

 

* Die straatligte is dood in Umtatastraat. Leser.

 

* Ek is 'n SE2-inwoner in Danie Theronstraat, bly nou 3 jaar daar. 'n Mens kan nie eers jou kinders na die Trim-parkie toe vat om te gaan speel nie. Vroeër jare kon jy daar gaan piekniek hou. Nou is daar nie eers meer 'n fonteinjie nie, dis net papiere waar jy kyk. Die dealers deal sommer onder jou neus, dis nie meer veilig om soontoe te gaan nie. Ek hoop dat daar iets omtrent dit gedoen kan word. Inwoner.

 

* Arme Marietjie? Nee, glad nie. Ek was self 'n slagofffer. Wil net sê sy't niemand gedwing of gesmeek om geld te "belê" by haar nie. Gevang.

 

* Ek dink ook nie dis reg dat die dame met die breakdown met haar kind ry nie maar dis dalk haar enigste inkomste en hoe sy vir haar kind sorg. Anelize, Vdbp.

 

* Verpligte netbal op skool: As meer ma's hulle kinders met 'n strenger hand grootmaak, sal die arme bloedjies nie so swaar kry wanneer daar op skool 'n ligte eis aan hulle gestel word nie. Onderwyseres.

 

* Die meeste siektes het oefening nodig. Deur te oefen leer jou kind van verantwoordelikheid teenoor homself en ander. As vandag se jeug meer na hul gesondheid kyk, sal die wêreld ook verbeter om in te woon. Onthou, alles begin by die huis. NB. Jy is jou eie advertensie van oefeninge tot hoe jy lyk. Jou gewete.

 

* Vir die bekommerdes: EK is die ma met die (goue) breakdown en ek jaag nie met my kind nie. Ek het haar ontsettend lief en ek weet hoe maklik 'n ongeluk kan gebeur, maar ongelukkig is dit my enigste ryding. So, voor julle my wil kruisig, kry jul feite agtermekaar en kyk na julself.

 

* Wil net BAIE DANKIE sê vir my straatligte in Dickensstraat wat nou werk. En dan ook sê die poskantoor se erf lyk pragtige skoon! Hoop die Hof kan ook daarna kyk. Tanya van Vdbp.

 

* Verpligte netbal: Dit is nonsens dat kinders wat nie aan sport wil deelneem nie, deur skole gedwing word om dit te doen. Ek dink baie onderwysers hanteer dit in elk geval verkeerd want as dit as "pret" en nie as "plig" aangebied word nie, sal baie meer kinders graag wil deelneem. Kinders hou van spel. Die fout lê by arrogante onnies wat leerlinge ten alle koste wil beheer. 'n Kenner.

 

* Ja, ek kry ook die Krion-"slagoffers" baie jammer. Hulle moet egter onthou dat hulle VRYWILLIG hul geld in die skema gestort het. Daardie tyd het almal gedink Marietjie was 'n engel en het geld uitgegee asof dit nie einde het nie maar toe die skema val, word Marietjie gekruisig! Die spreekwoord sê: "Die deler is net so goed soos die steler" en leer die Bybel nie vir ons "volgens die maat waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word nie"? Vir wie is jy nou eintlik kwaad? M. van Vdbp.

 

* Hoe lank gaan HTS Vereeniging nog sê vuilspel in rugby word nie aangemoedig nie, maar naweek na naweek word HTS Vging se kinders toegelaat om te byt, te slaan en te intimideer op die rugbyveld? Onlangs weer in hul wedstryd teen Klerksdorp. Nee wat, Hannes "Tango", snaaks dis net waar HTS Vging betrokke is waar vuilspel is. Kom ons hoor hoe word die naweek se gebeure weer onder die mat ingevee. Ontstoke rugbyliefhebber.

 

* My mening oor klein jakkalsies wat verhoudings verniel: Mans wat hul klere uittrek en net langs die bed laat lê. En mans wat jou afpers, "hy is kwaad omdat jul bietjie woorde gehad het, jul is uitgenooi vir ete, dan sê hy, bel vir Sannie en sê ons kom nie meer nie. Of hy belowe jou iets, jul het woorde en hy sê "jy kry dit nie meer nie". Anoniem.

 

* Ek is nou gatvol vir ons munisipaliteit. Ek's ALLEEN, ek het nie 'n verwarmer OF elektriese kombers nie, dis WINTER, so, ek spuit nie nat nie. My stoof & geyser is byna permanent af, my hele huis- en buite ligte is ENERGY SAVERS, maar my Water- en ligterekening is R1800. Nou vra ek net, wat de d*nn*r moet ek nóg doen om te bespaar? Tollie.

 

* Ons voorouers het uit volle bors volks-eie liedjies gesing wat in vandag se terme beskou sal word as: "Aanhitsing van geweld teen vroue en kinders".
1) 'n Man word gesuip en rand sy vrou dan aan. (Wat maak oom Kallie daar? Hy steek 'n dop, en slaan sy vrou met 'n handsambok).
2) 'n Kindjie word vermoor en die lykie weggegooi. (Siembamba, Mamma se kindjie, draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap op sy kop dan is hy dood). Wreed nè? Ou Joe.

 
- So SMS ons lesers (4-6 Augustus) PDF Print E-mail

Wil jy jou mening gee oor 'n berig in vandag se koerant of oor enige ander saak wat jou na aan die hart lê? SMS jou mening na 41913 en vertel ons hoe jy voel. SMS'e kos R1-50. Menings word sover as moontlik onveranderd gepubliseer mits dit nie lasterlik is of uitermate kru taal bevat nie. Jy kan jou naam, jou voorletters of 'n skuilnaam byvoeg.

 

* Siekte eis lewe van Juwan van Os (3) in verlede week se Vaalweekblad. Wat dan van die pappa? Ek wil net die lesers daarbuite laat weet dat Juwan wel ook 'n pa agterlaat na sy afsterwe. Vaalweekblad se berig praat net van sy ma en peetpa? Wat dan van sy pa? Hy leef ook elke dag met hartseer en verlange. Skaam julle! GP.
(Vaalweekblad vra verskoning vir die oorsig. In die gejaag om saktyd te haal, bly sulke belangrike agtergrondinligting soms agterwe‰. Ons innige simpatie dus ook aan Juwan se biologiese pa. Redakteur).

 

* Marietjie se skema het in duie gestort toe Yskor nie meer pakkette gegee het nie. Ek voel nie jammer vir hulle nie, maar vir almal wat in die slaggat geval het. Ek was ook amper daar.

 

* Skool-netbal vir punte: Ek is baie jammer, maar ek moet my skool verdedig m.b.t. die waarheid. Ek is self in daardie skool, en die hele netbal-storie is nie vir punte gewees nie, maar bloot net n aktiwiteit vir die pret, daarom het ek self nie deelgeneem nie. Wat gaan aan met die ouers in Vanderbijlpark wat vir hulle oorsensitiewe kinders se stories val? Eerlike leerling.

 

* Ek wonder wanneer ons 'n normale water- en dienste-rekening gaan ontvang, want R26 000 vir erfbelasting en R16 000 vir water en 'n jaar se toustaan om met ongeskikte munisipale werkers te probeer praat werk nie, nou vra ek wat moet ons nou doen, Carte Blanche kry om vir ons inwoners antwoorde te kry? Anoniem, Drie Riviere.

 

* Ek bly in Genl. Fronemanstraat (Vdbp) en daar word amper daagliks nuwe studentehuise begin. Wat staan ons te doen? Ons bly rustig daar vir 35 jaar en nou dit? Beswaarde inwoner.

 

* Groot was ons skok toe 'n 'doggie parlour' ons Yorkie teruggee na 7 ure en sy lyk soos 'n poedel geskeer! Pasop vir skelm mense. Naomi.

 

* Wanneer lesers SMS oor lang gras, bome wat gesnoei moet word en straatligte wat nie brand nie, sit asb. die straatname by. Sodoende kan ons dit opvolg. Emfuleni-raadslid Gerda Senekal.

 

* Ek wil vir LO-ma sè sy is nie alleen nie. My seun met asma moes opstote doen vir punte en wat 'n ramp! Sy vriend wat swak gedoen het in sy akademiese eksamen (wat tel vir universiteitstoelating) se rapportpunt was 15% hoèr as my seun s'n omdat hy meer opstote kon doen in 'n sekere tyd. I.K. tel nie meer nie. Belaglik sè ek jou! Ook 'n ma.

 

* Toe wou oom dokter van Pretoria my mos sien. En met die 2010 sokker wat verkeersknope op die snelwe‰ veroorsaak, vat ek die roete uit die Vaaldriehoek oor Krugersdorp. Net voor Randfontein is daar 'n padverlegging en ek sit my Garmin GPS aan vir 'n ander roete, maar die antie op die GPS lei my reguit binne in 'n township in. Ek dink hier gaan 'n toordokter my vir muti opsny. By 'n padsmous koop ek 'n geel vuvuzela en ook n RSA-vlag vir die antenna. Eers kry ek net poi-poi uit my vuvu, later darem toet-toet! Ek word begroet met: AAIJOBA! en baie vriendelike gesigte. By oom dokter kon ek darem ook 'n voorskrif vir my opgeswelde vuvu-lippe kry. Ou Joe.

 

* Krion-ramp: Weet u, ons het ook geglo Krion is 'n uitkoms van die Here. Intussen was dit van Satan en sy trawante! Ek hoop werklik nie daar word enige oorweging gegee aan versagting met haar vonnisoplegging nie. Veral ons wat die laaste 6 maande belˆ het, moes elke sent terugbetaal en so alles verloor. So, kry vir jou Marietjie! Jou motiewe was so SUIWER en tog het jy ons so belieg. Waar is al die geld wat by die prokureurs inbetaal is? Hester.

 

* Ons geisers word al vir die afgelope winter ook afgeskakel deur die dag en kom eers na 9 aan. Dis pateties om vir krag te betaal maar in koue water te bad. Amanda.

 

* Hi ouma Oppi! Moenie negatief wees nie! Ek was die Bruid van die Jaar 1998 en is steeds gelukkig getroud met manlief vir 12 jaar! Teresa & Nico.

 

* Bekommerd! Daar is 'n vrou wat 'n goue breakdown-voertuig ry en met haar kind in die voertuig jaag! Kan iemand iets daaromtrent doen asb! Vdbp-inwoner.

 

* Ja Marietjie, wonder of jy gedink het aan mense wat hul kinders moes los by vreemde mense om te gaan soek vir' n ander heenkome, en te dink wanneer sien jy jou kinders weer. Ek glo nie so nie - ek het nie simpatie met jou nie, al wat ek kan sê, is mag ons Vader jou genadig wees. Krion-slagoffer.

 

* Prinsloo-tuinwoonstel, matras en kos? Sy moet besef dat daar mense is wat dit nie eers meer het nie as gevolg van haar. Ek hoop die interkerklike organisasie kyk ook na die mense wat sy arm gemaak het. Adriaan.

 

* Jy hoor oor die TV en radio van unies wat hul mense laat staak vir beter lone. Daar is sekere vervoerfirmas wat almal verhogings kry maar die vragmotorbestuurders kry niks, hulle bring die geld in en mag nie kla nie. Wil net weet wanneer sal aan hulle gedink word.

 

* Mevrou, jou gr. 8-dogter kan net baat by LO-periode se sportbedrywighede. Dis slegs interaksie tussen leerlinge! Klink eerder of jul die kat aan die stert beet het. Of is sy dalk passief en iemand wat knaend met 'n pastei en Coke loop? Oefening kan skoolkinders NET goed doen! Geniet LO: Wees aktief! Ook 'n Ma.

 

* Ek wil ook vir Vanderbijlpark Poskantoor gaan werk, jy hoef net een kliënt per uur te help, glad nie te groet nie en op jou bas te sit en niks doen vir 'n lekker salaris aan die einde van die maand! Ontevrede.

 

* In hierdie tyd waar misdaad hoogty vier en mense bang is om ander te vertrou, was dit vir my 'n aangename ervaring om met die kiesers van wyk 5 die afgelope maand telefonies te kommunikeer. Ek het hulle ervaar as vriendelik, ingelig en betrokke by aangeleenthede wat die gemeenskap raak. Dit weerspreek die persepsie dat kiesers a-polities is en nie belangstel in gemeenskapsake nie. Dankie vir julle ondersteuning. Lorraine Groenewald DA-kandidaat.

 

* Hoekom word die baba wat in Jessica's Wall of Life gevind is vir 'n oorsee aannemingsplek gegee? Hier in ons eie land is daar baie kinderlose egpare wat die baba graag sou wou hê! In die berig word gesê dat die biologiese ouers nie vervolg sal word nie omdat die baba gesond was. Wat doen 'n persoon met 'n sieklike baba dan as hy/sy die kans staan om vervolg te word? Ek het altyd gedink die muur is vir mense wat nie na hulle eie babas kan kyk nie en wat anoniem wil bly? Wonder net.

 

* Susan van Meyerton, jy praat so na my hart. Mag Jesus vroue soos jy seën. Ek glo mans soos mnr. Gay is diep in sy hart vreesbevange omdat hy die oordeelsdag vrees en sy gewete probeer sus met die verskoning wat hy seker sal gebruik teenoor GOD vir sy dade: ja, maar die mense het my so aanvaar. Andries van Vuuren.

 

* Ou Marietjie Prinsloo soek net verskoning! Sy weet goed hoe sy beleggers belieg het en hul geld gevat het waarvoor sommiges 30 jaar gewerk het! So ek wens jy en jou familie betaal duur vir wat jul gedoen het! Jy verdien als wat na jou kant toe kom! Ek sien jy lieg nog steeds! Ou gewoontes is hard om te los nè? Anoniem.

 

* I would like to express my utter disgust that Vaalweekblad could publish a photo of the deceased security officer that was killed upon responding to an alarm! Surely this gentleman had a wife and children? Just wondering... Would you still feel that it's news if it were YOUR husband or father? No matter how you try to justify it - it stays WRONG! Chantelle.

 

* Ja ek voel nie jammer vir Marietjie Prinsloo-tipe nie. As sy met haar voet loop en kos bedel, sal sy dalk voel hoe dit voel om arm te wees. Maar die wat ingedoen is, moet haar en haar trawante vergewe. Jou siel is op die spel. Dit is nie die mens wat moet straf nie. Ek weet hoe dit voel. God bless the poor.

 

* Midvaal se kontrakteurs is puik. Veral die parke-afdeling is tops. Het 'n probleem met boom op sypaadjie gehad wat probleme gegee het. Wel dit was 1, 2, 3 en Midvaal kontrakteur het die probleem opgelos om deur die regte kanale te werk. Die klagte is gou opgelos.

 

* Net soos swak diens in Sasolburg vir herstel van motorfietse, wil ek jou waarborg dit kan nie erger wees as by TWEE handelaars in VanderbijlparK nie! Jy kry tot 'n waarborg en wees verseker jy gaan vir hom wag, terugvat en weer wag en om nie van al die liegstories te praat nie! Dit help nie eens dat die naam en die perseel verander het nie, as jou diens, bestuur en naam swak is, is als daarmee heen! Vir die TWEE handelaars moet ons dalk 'n besigheidshuwelik voorstel, gebaseer op leuens, swak diens en veral swak kli‰ntediens. Julle weet wie julle is.

 
- So SMS ons lesers (28-30 Julie 2010) PDF Print E-mail

Wil jy jou mening gee oor 'n berig in vandag se koerant of oor enige ander saak wat jou na aan die hart lê? SMS jou mening na 41913 en vertel ons hoe jy voel. SMS'e kos R1-50. Menings word sover as moontlik onveranderd gepubliseer mits dit nie lasterlik is of uitermate kru taal bevat nie. Jy kan jou naam, jou voorletters of 'n skuilnaam byvoeg.


* Hoe kan dit reg wees dat 'n werksplek (naam weerhou) in Peacehaven, Vereeniging, toelaat dat hul werknemers op hul perseel en aan diens, dwelms soos dagga gebruik? Bestuur is ten volle bewus daarvan. Is dit 'n aanvaarbare praktyk, meneer die aanlegbestuurder? Anti-dwelms.


* Sies vir Anoniem oor anti-Engelse Boerseun. Dit gaan nie oor hoeveel tale daar is nie, dit gaan oor jy wil in jou taal gehelp word. C.v.Zyl.


* Ja die studente is weer terug en die landlords gaan maar net voort, was daar nie so paar weke terug 'n berig wat gesê het dat 'n hofsaak gewen is teen die landlords nie? Ek bly in SE7 en sien daagliks hoe bakkies vol matrasse na huise aangery word om studente te huisves. Die huis in William Porter is al omskep in 'n tavern, hoe kry die eienaar dit reg om besigheid op die perseel te doen en voldoen hy aan munisipale voorwaardes, en weet die Ontvanger van sy inkomste? SE7-inwoner.


* Vanderbijlpark-polisiestasie is onbehulpsaam en sarkasties. My seun was in 'n motorfietsongeluk. Met die aanmelding daarvan is aan hom toegesnou hy moet sy lisensie verander. Die "c" werk nie want hy "kan nie sien nie". Is hy seker hy bly by die adres? Sy glo nie so nie. En dat hy sy eie motorfiets moet koop. Dan werk sulke mense by "support centre". Ag nee. Sies. Teleurgesteld.


* Swak diens. Ons motorfiets is by 'n baie bekende handelaar in Sasolburg ingehandig vir 'n kompleet engine oorbou, tot ons bitter spyt. 6 maande later kry ons hom eers terug. Die clutch gee moeilikheid, die engine lek vreeslik olie, hy loop en ruk. As jy teruggaan om te kla word jy so behandel asof dit jou skuld is. Dan word jy vertel, los die fiets vir nog 'n week. Hoe lank vat dit om jou enigste vervoer reg te kry? Hierdie handelaar is pateties.


* Aangaande grond langs hotel in Vanderbijlpark: Miljoene rand word maandeliks inbetaal vir instandhouding, die ANC-stadsraad weet nie wat die woord beteken nie. Wicus, Vanderbijlpark.


* Ek reageer op die SMS oor advokate en wil net sê, maak seker jou boekhouer is ook geregistreer! Dit het met ons gebeur: hy het geld ontvang en toe is hy nie 'n boekhouer nie. Beste van als is hy loop nog rond sonder dat iets aan hom gedoen is! Wel ons moet elke dag bid vir ons volgende bord kos! Jy het ons besigheid gesink! Wel, gelukkig kom daar 'n dag wat jy verseker sal antwoord. Mense, asb, kyk dat hy/sy n praktyknommer het en volg na of dit nie vals is nie. Bitter van Meyerton.


* Die vark wat die jong man in 'n winkelsentrum se toilette aangerand en beroof het, sal hopelik eersdags hard ged*nn*r word. Ek sal self 'n paar houe wil inkry. Moeg vir misdaad.


* Ek was geskok oor die Vaalweekblad-berig van die 2 bejaarde vroue wat oordag beroof is, iemand moet hulle help om die sekuriteit te dagvaar vir hulle skade en pyn! Anoniem.


* Lyk my Metsimaholo Munisipaliteit sit geisers willens en wetens af. Gister (20-7-2010) tot gisteraand wat ek gaan slaap het, geen warm water. Briesend!


* Ek wil graag weet wanneer sal straatbome gesnoei word en hoeveel jare is straatligte al buite orde, 10 plus jare! Dankie.


* Rina, motoriste maak nie 'n GROOT FOUT as hulle die afstand van motorfietse probeer skat nie. Die redelike man op straat bestuur teen 60 km/uur en verwag 'n voertuig om jou te nader teen dieselfde spoed. Ek het self motorfiets gery en is wysgemaak dat ek vir ander padgebruikers moet dink. Motoriste verwag nie 'n motorfiets teen 'n helse spoed nie. Ek stem saam met jou, my hart gaan ook uit na al die mense wat geliefdes verloor het. Ons moet almal net vir mekaar begin dink ook. Eddie.


* Verwys na bl. 4 in 21 Julie se Vaalweekblad: Ek weet ook van 'n seun van 18 wat valslik in hegtenis geneem is deur die Barrage-polisie. Hoekom kan hul nie die regte misdadigers gaan vang nie! Letta.


* Plaas tog 'n berig oor hoeveel van die huwelike waar die bruid wen, hulle nog bymekaar is! Seker so 1 persent? Dit sal baie interessant wees. Vat 'n tydperk van 3 jaar! Ouma Oppi.


* Na 'n operasie by die Cormed-kliniek was ek baie verras om twee snoesige komberse, pas uit die tuimeldroër, oor my te ontdek en die kos was uitstekend. Rita Benecke.


* Gebruik Ster en Vaalweekblad om te adverteer en STOP al die los advertensies. Gebruik die ekstra geld en help die armes. Pieter van Vaalpark.


* My naam is Lucas en ek vang lekker vis... Maak asseblief oop die plek (vermoedelik Emfuleni se munisipale ontspanningsterrein langs die rivier - Redakteur). Sit my nommer daarop - 072 306 8324. Lucas.


* Verkeerde of geskatte munisipale water en/of kragmeterlesings is aan die orde van die dag by die Emfuleni-munisipaliteit, indien ander inwoners dieselfde probleme ondervind, kontak my by 084 614 8994, ek kan die saak op my eie beveg nie, ek het die oplossing maar het jul hulp nodig. Eugene Ferreira.


* Oor die berig, skoolmeisie helder oordag verkrag (21 Julie): Dit is die tweede keer wat ek lees jul beklemtoon die (verdagte) "wit" man. Hoekom sê julle nooit wanneer dit 'n swart man is nie? Want dan is dit rassisties. Ek dink dit is onregverdig, sê dit soos dit is. (Anoniem).


* Vaalweekblad 21 Julie: Hoekom weer eens verwys na die "wit man" wat die skoolmeisie verkrag het? Vaalweekblad wil alle wit mans net in 'n swak lig stel. Nou gaan meisies dink hulle is veiliger tussen swart mans want "hulle pleeg mos nie sulke dade nie". Jaypee.


* Ek het vandag my laaste Vaalweekblad gekoop! Hoekom word daar altyd verwys na die wit man as 'n blanke skuldig is maar nie na die swart man nie? Nee as 'n swart man skuldig is, word daar net verwys na 'n man. Hou jul rassisme uit die koerant. Wonder net.


(Lesers sal merk dat Vaalweekblad (21 Julie) in die berig op bl. 3 oor die bejaarde vroue wat in 'n veiligheidsoord aangeval is, ook wel na die rowers as swart mans verwys het. 'n Misdadiger is 'n misdadiger, ongeag sy velkleur, dus is dit normaalweg Vaalweekblad se beleid om nie na ras te verwys nie. Wanneer dit egter 'n doel het - soos in verlede week se berigte - om 'n spesifieke misdadiger of groep beter te identifiseer ter wille van lesers se verhoogde waaksaamheid en selfbeveiliging, verwys ons wel na die verdagte/s se ras. As ons in die proses op politiek-korrekte tone trap is ons jammer, maar dit gaan ons nie keer om ons lesers na die beste van ons vermo‰ ingelig te hou vir hul eie veiligheid nie. Redakteur).


* Net in Suid-Afrika is dit nodig om asgate toe te sluit. Nee man, los die goed oop en kry een man in beheer, dan is sekuriteit nie nodig nie en dan mors mense nie buite nie. Vaalpark-bewoner.


* Wil asseblief net alle lede van die Vaaldriehoek en ander waarsku teen 'n man met 'n garage waar hy tweedehandse goed verkoop. Hy het altyd verskonings om nie jou geld te gee nie, nadat hy jou item reeds verkoop het en gee ook geen bewyse vir die eintlike bedrag waarvoor hy dit verkoop het nie en sê dan die mense wou nie betaal wat jy wou hê nie. Hy's 'n Groot Skelm.


* Ek is self 'n ontvangsdame en weet presies waaroor die ander kla. Almal wat inbel, dink hul is die enigstes met probleme en MOET dadelik gehelp word. Maar laat jy nou net durf bel maande later vir betaling! Ag nee wat, hoe meer ek met mense te doen kry, hoe liewer word ek vir my hond! Wanda.


* Gisteraand het my graad 8 dogter bly opbring van stres omdat sy in LO periode moes netbal speel vir punte, en as sy nie sou nie, sy punte verloor. Sy is nie 'n sportkind nie en weet nie hoe om netbal te speel nie. Wat gaan aan met skole en onnies in Vanderbijlpark om op kinders te pik wat nie sport doen nie? So terloops meneer, haar skoolfonds is al klaar betaal. Is daar nog ouers wat die probleem het? Net 'n ma.


* Ek wil graag iets sê aan Susan van Meyerton (SMS - 21 Julie): jy het niks te sê oor enige mens nie, net God alleen kan oordeel, jy kan nie mense oordeel nie, want dan is jy net so skuldig. So, gaan aan met jou lewetjie, en los die Here se kinders uit. Chris, Vanderbijlpark.


* Ja, ons regering moet die blaam kry vir al die moorde wat gepleeg word want hulle het lankal begin om alle vuurwapens te konfiskeer en HOE is dit dan moontlik dat daar meer vuurwapens nou deur rowers gebruik word as voorheen? Dit is barbare, nie rowers nie. BEP.


* Ek sien elke dag padblokkades en wil graag weet hoekom kyk die spietkops nie na motorfietse se nommers nie. My motorfiets is verlede jaar gesteel en niemand het ooit terug na my toe gekom nie, ek is seker daar is meer mense wat antwoorde wil hê oor die saak.  Phillip van Randvaal.

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>

Page 1 of 4