|
Die Vaaldriehoek se pa's is duidelik van die bestes in die land! Om die wenners aan te wys, was moeilik, maar Guthrie Kyle Robertson en Kobus Odendaal se boodskappies het uiteindelik vir elkeen van hulle 'n Cadac-kookboek, voorskoot en "Pizza stone" van Cadac gewen. Mnr. Jan Jansen van Rensburg se tweelingseuns Riaan en Ruan wen toegang tot Gold Reef City se pretpark op Vadersdag. Alle pa's wat Vadersdag by Gold Reef City deurbring, staan 'n verdere kans om verskeie geskenkbewyse, GPS'e, 'n CD-speler en ander pryse te wen. Die wenners kan Retha by 083 246 0523 skakel vir verdere re‰lings oor jul pryse. * My dad Sean Pillay is the best. He sacrifices everything he has just to keep us happy. My dad loves us very much. Hezron Pillay.
* I'll describe my dad Velile Aaron Skade as a pillar - keeping me from falling. He is warm - no coldness reaches me 'cause het wraps me against the cold. He is a winner. He has my heart all spoiled. He cherishes the ground I walk on. He is an angel that was sent from above. He puts a smile on my face! Junior. * My pappa Hannes Smit is so spesiaal, elke aand voor ek gaan slapies sê hy die alfabet op a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z en as hy dit klaar gesê het. sê hy vir my daar is geen letter wat so spesiaal soos ek is nie. My pappa bly die beste. Zandro. * Ons pappa Kobus is die sterkste, slimste, hardwerkendste pappa met baaaaie geduld! Pappa het my geleer as ons gaan kamp hoe om my eie tent op te slaan, vleis te braai en om vis te vang! Ons is baie lief vir die natuur. As ek en sus besig is met ons sport is Pappa altyd daar om ons te ondersteun. Pappa is ook betrokke by ons skool-aktiwiteite! Pappa is my grootste held! Ek is baie lief vir hom! Van Tiaan Kotze. * My dad Hannes Smit is a super dad because he wakes me up every morning with a kiss and a hug and he tells me he loves me very, very much and I am his little angel. Isn't that the special father that you want? Shakira. * Saam met my pappa Deon de Jager is elke dag spesiaal. Daar is nie 'n minuut in die dag wat vervelig is nie. Ons speel bal, kyk DVD's, bou puzzles. En die lekkerste: Pappa leer my so mooi van Liewe Jesus. Dankie Pappa, jy is die beste. Van Deon Junior. * My dad Charles Carr is a wonderfull father. He plays with me and even if he is tired he cuddles me late at night and even stands up for me to bring me something to drink even after middernight. I love him lots. His son C.J. * Ons pa Bernhard Grootherder het in Nigerië gaan werk om vir ons 'n beter lewe te kan gee. Ons verlang baie na hom. Hy stuur elke maand vir Mamma ektra geld sodat ons lekker goed kan doen. Hy kom elke derde maand huis toe dan doen ons lekker dinge saam met hom. Die laaste keer het hy ons Gold Reef City toe gevat en ons het heeldag op al die goed gery en hy het baie lank in die ry gestaan want ons wou ' slap chips ' gehad het. Ons pa is die beste pa ooit! Van Tishane & Ca-Jen Grootherder. * My pa Johan Willemse is die beste mens ooit. Hy leer my van die mooiheid van die lewe. En 'n bietjie stoute dnge ook. Maar die beste is, hy leer my van God. Junior. * My dad is the greatest supporter of us, his children and grandchildren and my mother. Just recently retired, he has endured and survived a lot with 4 children - 3 sons and 1 daughter. We lost our brother Brett (23) to a terrible car accident in 1996. Through all the ordeals my father has never faltered. Through the years' trials and tribulations our dad has always been there for us. I reckon he is the "Father of the Century". From his son, Guthrie Kyle Robertson. * My pappa, Neels Nortjé, is die wonderlikse pappa wat ek het - dankie Jesus vir my pappa, vir als wat hy vir my doen: speel, lag en lekka bal speel. Van Marelize. * My pa, Anton Olckers, is 'n pa wat sy hande stukkend sal werk vir sy kinders. Hy het my en my suster saam met sy eie kinders grootgemaak en ons geleer dat swaarkry nie 'n skande is nie en harde werk my vandag het waar ek is. Ek het geweldige respek en liefde vir hom en beskou hom as my eie pa. Dankie vir als wat pa my geleer het. Daarsonder was ek arm. Jacques Jacobsz (Kuilsrivier). * My pa, Japie Odendaal, het vonk, gereed vir als - oud of jonk. Hy maak die lekkerste potjiekos tot braaivleis. Het ek gesê hy's wel bang vir 'n muis? Hy maak jou lag, het altyd 'n goeie woordjie, hard of sag. Gereed om te help of baklei. Hy is die beste van die ooste tot die weste. Kobus Odendaal. * My dad, Gerald Bernard Jones, is a carring, loving father. He is an easy-going guy, fun to talk to - and plain to see why fans adore him. He always greets us warmly with a big smile. From Caylon Jones. * My pa, Louis Labuschagne, is my hero. Hy skrik vir zero. Hy raas en is baas, maar as ek sê "ag dad" is sy hart so sad. Dan is my bas gered, dit kan ek jou wed. Van Marnel. * Ons pa, Jan Jansen van Rensburg, het die gawe om ons soos Springbokke te laat voel langs die rugbyveld. Pa, jy is altyd daar vir ons en dit laat ons veilig voel. Somtyds doen jy jouself tekort om vir ons te gee. Dankie dat jy ons leer om in God te glo, in onsself en ons land. Ons is lief vir jou. Jou tweelingseuns, Riaan en Ruan Jansen van Rensburg. * My pa, Barry Fourie, het al twee jaar nie werk nie maar ons eet elke aand en slaap warm en hy help my met my huiswerk. Ek het net viers op my rapport! Ek dink hy is 'n great pa. My naam is Sean Fourie. * Aan my pa, Louis Labuschagne: dankie pa, vir elf jaar sorg pa al vir my. Pa is altyd by my rugby-games. Al is pa nie my eie pa nie, is pa daar vir my. Dankie pa. Jean Smuts. * My pappa is Juan Venter en hy is spesiaal want hy leer my spel sodat ek eendag 'n goeie werk kan kry en hy help my sussie ook met haar skoolwerk. Hy sê altyd ons is sy hele hart. Van Damian en Kiara Venter. * Allen Knowles, known as Alley Cat! Best dad in the world. Super funny, will always put a smile on your face and make you feel welcome! Lief vir dad! Lindsey. * Pappa André, jy is my ster. As ek opkyk hemel toe, dan sien ek jou. Ek het jou baie lief. Geniet Vadersdag - jy verdien dit. Chante. * Trevor Harvey is the best dad because every time he stumbled and fell down in life he always held me up and made sure I remained standing. From Luzindi Harvey. * My pa is David J. Keyser. Sterk pillaar, betroubaar, stuurman. Humorsin wat baie keer groot probleme kan omkeer. Groot figuur wat diep spore getrap het in baie mense se lewens. Dankie dat ek so 'n man my pa kan noem. Ronéll van Zyl. * My dada, Chris Benecke, is groot en beskerm my, en ek mag saam hom bad en in die garage speel as hy aan sy hotrod werk. Ezelda (6 jaar). * My dad, Bennie Pretorius, is the best in the whole world. He cares for me and does not fight. And his like a friend to me. We do every thing together. That is why I love him :-). My name is Nathan Pretorius (11). * My dad, Hendrik Meiring, is the best dad, because even though we have it hard some days he always gives all his love and smiles and never ever complains. My name is Derek Meiring. * My dad's name is Clinton Hunter. He is the best dad ever. He is strong, funny, caring, loving, very clever, he even has eyes and ears all over, he is A LOT of fun, he helps people where he can, he is the BEST fisherman, he is our teacher and my best friend - he is our everything. I love my dad with all my heart. Thanks dad for all you have done for me and my brother and sisters. We love you! Tristan. * My dad, Thys Wiese, is a super dad 'cause he's a loving, caring and hardworking dad. He is the best from all the rest! Dad, I love you lots. MC. * My pappa, Dewaldt Human, is 'n super dad, hy help ons met huiswerk en vat tot vir Mamma koffie in die bed. Eendag wil ek net soos Pappa wees. Tommy-lee. * My dad Andre van Eden is the best. He calls me every night to hear my voice as he works very far. Daddy, I love you! Sha-Lee. * Henry Coleman is nie my biologiese pa nie maar van kleintyd af kan ek net hom onthou. Van boyfriends wegjaag tot trane afvee was hy daar. Toe my seuntjie gebore is, was hy daar - met ou wysheid. Al is hy nie my bloedpappa nie, is hy my REGTE pappa. Maryke du Toit. * My pa, Doepie du Plessis, stel almal se belange voor sy eie en sal almal probeer help as dit in sy mag is. Van Danie du Plessis. * My pa, Sampie Jansen, is vir my die wonderlikste pa en doen als vir my wat hy kan. Hy help altyd almal. Hy is 42 maar gedra hom nog soos 21! Ha-ha! Van Tobie Jansen. |